Tweede Voedselfees by Academia groot sukses

Vrydag 31 Oktober was die tweede voedselfees by Academia gehou. Daar was heerlike kos van verskillende lande, van Suid – Afrika, Amerika, Hawaii, Frankryk, China en vele ander.

Die voedselfees is een van die fondsinsamelings projekte van die skool. Die skool steun baie hard op fondsinsamelings om beter geriewe aan die leerders te bied en so ook hul horisonne te verbreed. Die skool wil bitter graag ‘n bus aankoop aangesien vervoer van leerders na sport en kultuur aangeleenthede ‘n groot probleem is.

Die volgende groot fondsinsameling is die jaarlikse gholfdag op die 22e November.

 Liezel Mostert

Gansbaai Tweede Voedselfees 1
Gansbaai Tweede Voedselfees 2_1
Gansbaai Tweede Voedselfees 3