Pistoolklub 2015 gereed

Pistoolklub 2015 gereed

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Ons Algemene Jaarvergadering het goed afgeloop en met die nuutverkose Bestuur wat verkies is, is ons weer gereed vir ‘n nuwe jaar,” sê Alec Kitley, voorsitter van Gansbaai Pistoolklub. Hy het ‘n volledige voorsittersverslag aan die lede voorgehou, waarin etlike sake van belang uitgelig is.

Gansbaai Pistoolklub is nie net op die skietbaan bedrywig nie. Hulle beman steeds die waterpunte tydens die Gansbaai Lionsklub se jaarlikse Danger Point Halfmarathon in Desember, asook die Lighuis na Lighuis Bergfietstydren in Februarie. Dan het hulle ook ‘n waterpunt beman tydens die SAPD-staptoer in April vanjaar. “Ons jaarlikse Valentynsdag-skiet in Februarie was ‘n groot sukses wat vele pret en genot opgelewer het,” sê Alec. “En goeie samewerking deur toegewyde lede sorg daarvoor dat die terrein en gebou in ‘n goeie toestand gehou word.”

Die nuutverkose Bestuur is Alec Kitley (voorsitter), Andy Hammond (ondervoorsitter), Corien de Wet (sekretaresse) en Cathy Hammond (tesourier), saam met addisionele lede Adri Wessels, Steve Cilliers, Stoney Steenkamp, Frans de Wet en Dirk Ackerman. Cathy Hammond herinner almal aan die klub se Ope Dag op 8 November 2014 vanaf 08:30 tot 16:00, teen slegs R20 per persoon wat koffie, tee of koeldrank insluit. Sy verwys ook na hulle jaarlikse prestasietoekennings op 29 November 2014, waartydens die beste skuts vir die jaar met trofeë en sertifikate beloon gaan word. Op 6 Desember 2014 sal daar gesellig met ‘n jaarafsluitingsfunksie verkeer word, met die klub wat weer op 3 Januarie 2015 sal heropen.

Die klub is op 10 Februarie 1994 gestig, met Alec wat sedertdien as voorsitter dien. Belangstellendes in die op-en-wakker pistoolklub van Gansbaai kan inskrywingsvorms en relevante inligting by Gansbaai Toerisme gaan afhaal. Die klub se oefentye onder die wakende oog van hulle ervare voorsitter, is elke Saterdagoggend vanaf 08:00 tot ongeveer 10:30 en kinders met windbukse is eweneens welkom.

Enige navrae kan aan ondervoorsitter Andy Hammond by 028-384-2062 gerig word, of skakel voorsitter Alec Kitley by 028-384-0335 of 083-379-2275.                                                

Hardus Botha

Pistoolklub 2015 gereed

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles