Die kabeljou loer vir ons

Die kabeljou loer vir ons

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Almal is seker bewus al van die kabeljou wat reeds hulle opwagting by ons gemaak het, maar onthou enige tyd van nou af gaan daar pêrre wees wanneer kabeljou se kind op volle sterkte gaan wees.

Sover word daar heelwat gevang, hoewel baie daarvan maar aan die kleinerige kant is. Jy kan maar by Haaiklip gaan loer en die manne met die lang stokke staan reeds die Klip  omtrent vol. Dit is natuurlik baie lekker om jou tussen die kêrels tuis te maak en te hoop die wag is nie verniet nie. Ten minste die tyd is reg en die kabeljou moet mos daar êrens wees! Die minder onaangename is die feit dat so baie hengelaars gelyktydig op Haaiklip gaan staan/lê/sit en hoop vir die beste. Nou kom “gentleman’s agreement” in die prentjie. Gun die ander man sy spasie en onthou dat indien jy dink hengel is mos eenvoudig en waar is die probleem dan? Daai sinker is een van hulle. Niemand kan help as die sinker vassit nie  --  en daar gebeur dit gereeld! Die kuns bestaan daaruit dat jy jou sinker moet plaas waar dit nie die ander man se vangery sal belemmer nie (oor sy lyn is nie ‘n goeie plan nie) en wanneer jou sinker wel vassit, probeer om, indien dit losgetrek moet word, die mense om jou in gedagte te hou sodat dit nie ‘n gevaarlik, geleide missiel word nie. Nie so eenvoudig as wat dit klink nie, en wees tog uiters versigtig.

Haaiklip is ook nie die enigste plek waar jy jou kabeljou kan vang nie. Op die Gruis is al heelwat sukses behaal en dit is ook die plek waar die groot bulle ronddwaal  --  en daar is meer spasie om jou lyn in die water te kry. By Die Wrak, by Holbaai, op die regte tyd en met die water die verlangde kleur is die kanse goed dat jy met die groter kabeljoue sal kennis maak. Die weer was die afgelope dae maar wisselvallig en die water baie deurmekaar maar sodra die weer dit toelaat en jy kan per boot by Holbaai uitkom behoort die vangste goed te wees. Indien jy nie die area ken nie, versigtig maar. Onthou dat die kabeljou (en hopelik geelbek) ook by ander plekke kan uitslaan en nie beperk is tot Holbaai of Haaiklip nie. En daar is mos ander visse ook! Gaan probeer gerus by Joubert se Dam en die Vlagpaal en moet ook Geelbekgat nie vergeet nie.

Geniet die tyd. Seemeeu

Die kabeljou loer vir ons

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles