Gansbaai Marine se beursie was onlangs weer “oop” gewees vir hulle jaarlikse liefdadigheidsprojekte.
Die Besturende Direkteur, André Coetzee het tydens Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes se suksesvolle Gholfdag die eerste oorhandiging van R10,000 ten bate van die Tehuis gedoen. Daarna is ‘n verdere R10,000 aan John van Rooyen, Bestuurder: Herberg-aan-See en Anita van Dyk, Administratiewe Beampte ten bate van Gansbaai Nasorgsentrum oorhandig.
Silwerjare Dienssentrum het ook hul jaarlikse donasie van Gansbaai Marine ontvang en hulle R10,000 is deur die sentrum se Bestuurder, Magrieta Adams en Gerda Gibson in ontvangs geneem. Hierdie gewilde donasies van Gansbaai Marine word jaarliks aan etlike organisasies en skole oorhandig, waarvoor groot dankbaarheid bestaan in die moeilike ekonomiese klimaat waarin nie-winsgewende organisasies en skole dit moeilik vind om hul begrotings te laat klop.
Hardus Botha