Gansbaaiers by AHI Kongres

Gansbaaiers by AHI Kongres

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Twee Gansbaaiers het meer as voldoende redes om baie trots op hulself te voel. Heinrich Jansen, Gansbaai Toerisme se Inligtingsbeampte en Philip Swanepoel, eienaar van Philpotts Consultancy vir internet-onderrig in Wiskunde en Wetenskap, was deel van 20 Top Entrepreneurs landwyd wat deur die Afrikaanse Handels Instituut (AHI) gekies is om die AHI se Nasionale Kongres in Durban by te woon.

Die tema van die kongres was: “Wat is nodig vir besigheid om te floreer?” en die doel was om jong entrepreneurs te identifiseer. Die kandidate moes besigheidsplanne as entrepreneurs opstel en vir beoordeling indien. Die voorbeeld van ‘n besigheidsplan wat aan hulle verskaf is, is ‘n lywige dokument van 5 getikte bladsye, met vereistes van ‘n voorblad, uitvoerende opsomming, besigheidsoorsig, produk, bestuur en veel meer, met etlike vereistes van ondersteunende dokumentasie en bewyse wat aangeheg moes word. Dié twee het met vlieënde vaandels gekwalifiseer en is deur die AHI geborg om die kongres in Durban by te woon.

“Dit was ‘n groot voorreg vir my as Toerismebeampte om só ‘n groot geleentheid te kon bywoon,” vertel Heinrich. “’n Vliegkaartjie is verskaf, 5-ster akkommodasie in ‘n hotel is gereël en die verwelkoming by die lughawe, asook by die hotel was werklik ‘n belewenis gewees.” Altwee van hulle het ‘n tyd gelede ‘n entrepreneurskursus van Gansbaai Sakekamer bygewoon, waar hulle die besigheidsplanne moes opstel.

Dit is dus te danke aan Gansbaai Sakekamer se inisiatiewe en goeie verhoudinge met die AHI wat dit vir hulle moontlik gemaak het om hierdie groot geleentheid te kon benut. “Die aanbiedinge was uiters interessant en leersaam, veral die aanbieding van ‘n jong entrepreneur oor sy ervaringe en waar hy vandag staan, wat ons met ander oë na die besigheidswêreld laat kyk het,” sê Heinrich. “ Ek was ook baie opgewonde om twee ministers te kon ontmoet.”

Philip het alles beaam en beskou die geleentheid wat hulle te beurt geval het as baie spesiaal en ‘n groot voorreg wat nie altyd ‘n mens se pad kruis nie.

Hardus Botha

Gansbaaiers by AHI Kongres

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles