Badisa se AJV

Badisa se AJV

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Christelike Barmhartigheid - ons ís ‘n naaste van elkeen in nood,” lui Badisa se visie. Die inhoud van die Jaarverslag wat deur ds Dirk van Dyk (voorsitter) voorgehou is, spreek duidelik van hierdie visie. In sy voorsittersrede het ds Van Dyk onder andere gesê: “Daar is niks wat God gelukkiger maak as wanneer Hy van ‘n sondige mensekind hoor dat hy ‘n hart gekry het vir ander nie…”

Getalle ten opsigte van 15 kategorieë van gelewerde dienste is volledig in die verslag uiteengesit. Voorts is daar volledig op die onderskeie projekte wat aangepak is, asook die effekte daarvan, gefokus met voldoende foto’s ter illustrasie. Naas ‘n lang lys van bedankings in die verslag, is baie spasie aan die onbaatsugtige werk van vrywilligers afgestaan. Hulle is by etlike aksies betrokke, soos fondsinsamelings, klerekamerverkope, maak van sop, verskaffing van vervoer en veel meer. “Om sonder vergoeding en iets terug te verwag, diens te verrig,” is die korrekte verklaring van die begrip “Vrywilliger”, soos ‘n anonieme vrywillige werker dit gestel het.

Die Beheerraadslede vir Badisa Hermanus, Stanford en Gansbaai Maatskaplike Dienste is ds Dirk van Dyk (voorsitter), ds Charel Nel (ondervoorsitter), menere T Volkwyn, N Olwagen, DFB le Roux en ET Falatsa, asook mevroue S Snyman, ML Wandrag, SS Hatili, A Maphasa, M Adams, S Hans, M Schweyer, J October, A Caie en M Diedericks. Met verwysing na die Straatkollekte in Gansbaai ‘n tyd gelede, het Heidi Kruger, Administratiewe Beampte van Gansbaai Maatskaplike Dienste die volgende laat weet:

“Baie dankie vir die wonderlike bydraes met die straatkollekte in Gansbaai. Ons het ‘n goeie bedrag ingesamel, ondanks die stortreën en mense se harte en hande was werklik oop gewees en dit sluit die besighede in wat ons goedgesind was om spasies vir die vrywilligers te verskaf. Ons het groot waardering vir hulle, asook vir Overstrand Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie se samewerking.”

Navrae rakende Gansbaai Maatskaplike Dienste kan aan Heidi Kruger by 028-384-0151, langs die NG Kerk, gerig word.       

Hardus Botha

Badisa se AJV

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles