GOD het skoonheid geskep

GOD het skoonheid geskep

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Kinders en suigelinge besing die magtige werk wat U tot stand gebring het. So word u teëstanders, die vyande en wraakgieriges, tot swye gebring. As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre waaraan U 'n plek gegee het, wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien? U het hom net 'n bietjie minder as 'n hemelse wese gemaak en hom met aansien en eer gekroon!”  Psalm  8:2-5 

Ons kan maar net elke rondom ons kyk om GOD se wonderwerke en skoonheid te aanskou.

Die see, die berge, die wolke en blomme wat op verskillende tye in die veld opkom is werklik vir ons almal tekens van GOD se hand in die natuur. Elke keer as ek daardie groot walvisse uit die water sien beur en met ’n groot geplons weer in die water val, besef ek hoe besonderse GOD ons dien. Die skoenlappers met al hulle kleure, die voëls en al hulle vere, ja elke blaartjie aan elke boom vertel van die HERE se wonderwerkende krag.

Tog is dit oor die mens en sy skoonheid, sy aansien en eer, wat die digter in Psalm 8 praat. GOD het die mens as die toppunt van Sy skepping geskape – sodat die mens aan Sy Skepper die eer en die lof kan bring. Maar dit is hierdie mens wat GOD se kroon van Sy skepping is wat op aarde die meeste skade aan die natuur en aan medemense doen. Daaroor wil ek nie vandag praat nie. Kom ons dink daaroor na dat die skoonheid wat GOD in ons geskape het, nie net uiterlik is nie. Ware skoonheid kom van binne. Dis eers wanneer die liefde van Jesus Christus in jou gegroei het dat jy na buite die mooiste skoonheid begin vertoon. Jou ware skoonheid is ’n groeiproses – die saadjie word deur die Heilige Gees in jou geplant – en met Sy krag en jou samewerking ontwikkel jy in die mooiste mens wat GOD se beeld na buite vertoon.

’n Baie slim en vername vrou het eenkeer terwyl sy ’n boek lees skielik by een sin stilgestaan en dit weer en weer gelees totdat sy besef het dit is vir haar ’n spesiale boodskap. Dit sinnetjie was ’n besonderse gebed: “GOD, maak my mooi van binne!” Dit was die begin van ’n nuwe lewe vir hierdie ernstige vrou. GOD het haar in een sinnetjie van ’n boek gevind en haar hart met skoonheid aangeraak.

Mag ek en jy ook elke dag bid dat GOD ons van binne af mooi maak sodat ons na buite kan straal van Sy liefde. As jou innerlike skoonheid goddelik is, sal dit waaraan jy raak en die mense waarmee jy te doen het, ook gevul word met GOD se heerlikheid! Dan is ons werklik Jesus se volgelinge!

GOD het skoonheid geskep

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles