Alice se totsiens

Alice se totsiens

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Alice Bredenkamp (80, maar so gesond en aan die gang soos ‘n vis in die water!) het na 10 jaar in Gansbaai besluit om by haar seun, Alan in Durbanville in ‘n meenthuis te gaan woon. Alice het 10 jaar gelede in 2004 permanent na Gansbaai verhuis en sommer voluit by die Gansbaai Goue Hande “ingestap”.

Naas ander betrokkenheid, het sy vir die eerste twee jaar kleinkoekies vir die jaarlikse basaar gebak en daarna die kleinkoekies se koördineerder geword en dit gebly tot en met die onlangse Herberg-aan-See (HaS) Basaar. Alice se suster, Suzie Rademan, het ook vanaf 2004 saam met Alice gewerk en die twee susters het beslis hul “merk” in HaS en die Goue Hande gemaak. Haar betrokkenheid het veel verder as net “koekiebakster” gestrek. Sy was gereeld op haar pos tydens spesiale dae wat die Goue Hande vir HaS gereël het, fondsinsamelingsdae en betrokke by HaS se haarsalon, terwyl sy ook ‘n getroue hulpwerker was. Dan was sy ook jaarliks ‘n ware regterhand vir Anita Botha tydens die Winter Fynbosskou se voorbereiding, asook tydens die vele kere wat sale opgemaak en versier is. Sy is lief vir tuinmaak en het die onderhoud van haar mooi tuin eiehandig hanteer. Suster Linda Meyer het namens HaS gesê dat Alice diep gemis gaan word.

“Die afskeid is hartseer, want jy was nie net deel van die Goue Hande nie, jy hét ook ‘n goue hart, goue voete en goue hande,” het Linda gesê. Francia van Dyk, sameroeper van Gansbaai Goue Hande, het gesê Alice is ‘n “sterretjie” wat helder en groot in HaS en in Gansbaai geskyn het. ‘n Bewoë Alice het haar opregte dank en waardering teenoor almal uitgespreek vir die hartlikheid, vriendelikheid en samewerking wat sy oor vele jare heen ervaar het.

“Dit is wel ‘n hartseer totsiens, maar dit is beslis nie vaarwel nie, want ek sal nog so gereeld kom kuier as wat dit vir my moontlik sal wees om dit te doen,” het Alice gesê.

Hardus Botha

Alice se totsiens

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles