Alice se totsiens

Alice se totsiens

Gansbaai Courant

Alice Bredenkamp (80, maar so gesond en aan die gang soos ‘n vis in die water!) het na 10 jaar in Gansbaai besluit om by haar seun, Alan in Durbanville in ‘n meenthuis te gaan woon. Alice het 10 jaar gelede in 2004 permanent na Gansbaai verhuis en sommer voluit by die Gansbaai Goue Hande “ingestap”.

Naas ander betrokkenheid, het sy vir die eerste twee jaar kleinkoekies vir die jaarlikse basaar gebak en daarna die kleinkoekies se koördineerder geword en dit gebly tot en met die onlangse Herberg-aan-See (HaS) Basaar. Alice se suster, Suzie Rademan, het ook vanaf 2004 saam met Alice gewerk en die twee susters het beslis hul “merk” in HaS en die Goue Hande gemaak. Haar betrokkenheid het veel verder as net “koekiebakster” gestrek. Sy was gereeld op haar pos tydens spesiale dae wat die Goue Hande vir HaS gereël het, fondsinsamelingsdae en betrokke by HaS se haarsalon, terwyl sy ook ‘n getroue hulpwerker was. Dan was sy ook jaarliks ‘n ware regterhand vir Anita Botha tydens die Winter Fynbosskou se voorbereiding, asook tydens die vele kere wat sale opgemaak en versier is. Sy is lief vir tuinmaak en het die onderhoud van haar mooi tuin eiehandig hanteer. Suster Linda Meyer het namens HaS gesê dat Alice diep gemis gaan word.

“Die afskeid is hartseer, want jy was nie net deel van die Goue Hande nie, jy hét ook ‘n goue hart, goue voete en goue hande,” het Linda gesê. Francia van Dyk, sameroeper van Gansbaai Goue Hande, het gesê Alice is ‘n “sterretjie” wat helder en groot in HaS en in Gansbaai geskyn het. ‘n Bewoë Alice het haar opregte dank en waardering teenoor almal uitgespreek vir die hartlikheid, vriendelikheid en samewerking wat sy oor vele jare heen ervaar het.

“Dit is wel ‘n hartseer totsiens, maar dit is beslis nie vaarwel nie, want ek sal nog so gereeld kom kuier as wat dit vir my moontlik sal wees om dit te doen,” het Alice gesê.

Hardus Botha

Alice se totsiens

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

Updated Constitution - March 2024

Updated Constitution - March 2024

We are thrilled to announce the release of our updated Constitution for the Pearly Beach Ratepayers Association, effective March 2024. 

Luxe Travel Awards 2024

Luxe Travel Awards 2024

Over the past nine months, the Luxe Travel Award judges have traversed South Africa in pursuit of unparalleled hotel experiences.

Gans-Berg Nuus / News
Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Feeling overwhelmed by the homebuying process?

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

We're thrilled to announce that with the help of Elim Home Agriculture, we've had a successful olive harvest at Elim Home!

Elim Home
See All Articles