Bedrywige Toerisme Buro

Bedrywige Toerisme Buro

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Eerskomende Vrydag, 14 November, is dit die hoogtepunt van die MOG-groep (ou Morgan motors) se besoek aan Gansbaai, wat gister (Woensdag) reeds begin het. Die groep van 18-20 Morgan motors gaan by Stanford’s Cover om 09:45 bymekaarkom, waar hierdie pragmotors besigtig kan word. Daarna ry hulle na Gansbaai hawe vir ‘n foto-sessie, maar hulle het ook reeds goedkeuring ontvang om deur die dorp te ry.

Inwoners wat op daardie stadium in Hoofstraat is, kan gerus vir die groep wuif om hulle welkom te laat voel. Dan is dit ook weer tyd vir die Toerisme Buro se jaarlikse tuinkompetisie in Blompark onder leiding van die Komiteelid, Katrina Adams. Die pragtige getal van 20 inskrywings vir die kompetisie is ontvang, wat beslis kopkrappers vir die beoordelaars sal wees. Die beoordeling van die tuine sal op Woensdag, 19 November 2014 om 16:00 plaasvind. Belangstellendes kom om 16:00 almal op die groot parkeerarea van Gansbaai Academia bymekaar. Dit sal dien as goeie motivering vir toekomstige deelnemers indien belangstellendes die tog, of gedeelte daarvan, na die onderskeie tuine sal meemaak, maar spesifiek dan besoeke aan die drie wenners se tuine na afloop van die beoordeling om te sien hoe die “wentuine” lyk.

‘n Jaarlikse “groot oomblik” hierdie tyd van die jaar is natuurlik die aanskakeling van Gansbaai se Kersliggies op Vrydag, 5 Desember 2014, wat ook deur die Toerisme Buro, in samewerking met die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie, gereël word. Die geleentheid gaan weer gesellig en met lekker saamkuier gepaard gaan. Daar sal stalletjies wees, kunstenaars sal optree en om ±20:15 sal die groot oomblik aanbreek: Die amptelike aanskakeling van die Kersliggies wat ‘n trots vir Gansbaai geword het met die geweldige uitbreidings daarvan wat oor jare heen deur die munisipaliteit bewillig is.

Navrae oor die aand se program kan aan Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme by 028-384-1439 of 072-291-5564 gerig word, of stuur ‘n e-pos aan haar by gansbaaimanager@telkomsa.net.

 Hardus Botha

Bedrywige Toerisme Buro

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles