Feesnaweek vir NGK

Feesnaweek vir NGK

Gansbaai Courant

Vanaf 21 tot 23 November word ‘n behoorlike, maar dankbare Feesnaweek deur die NG-gemeente ter herdenking van hulle 70ste bestaansjaar gereël. “Alle gemeentelede, besoekers, familie en vriende word uitgenooi om te deel in hierdie heuglike gebeurtenis,” sê die organiseerders. “Kom deel in die feesvieringe en dat ons daardeur ons Hemelse Vader dank vir 70 jaar van gemeente wees, ongeag die omstandighede.”

Vrydag, 21 November is daar ‘n gemeentekonsert met gratis toegang, maar kaartjies moet vooraf by die Kerkkantoor gekry word, aangesien sitplekke beperk is. Die program is met plaaslike kunstenaars, wat vir skaterlag sal sorg, gevul, met plaaslike kore wat ook in aksie sal wees. Plaaslike storievertellers soos SD Fourie, Johan de Villiers en André Moolman sal ook optree. Die Baardskeerdersbos Boere-orkes, asook Eddie Barnard, tel onder die musiekmakers gedurende die aand.

‘n Hoogtepunt van die aand sal ‘n uittreksel uit die gewilde en suksesvolle Sneeuwitjie en die Sewe Dwergies wees. Verversings sal deur die Jeugkommissie te koop aangebied word. Saterdag, 22 November is daar speletjies vir oud en jonk soos 70 jaar gelede onder leiding van Piet van Zyl, met vele pryse om te wen. Vure vir ‘n gesellige bring-en-braai en saamkuier sal reeds vanaf 10:00 brand.

Gedurende die naweek sal oulike en handige wynsakke met ‘n plaaslike tema teen R30.00 te koop aangebied word. Op Sondag, 23 November sal dr Bobo van Zyl die Erediens waarneem, met al drie die predikant wat betrokke sal wees. ‘n Spesiale Feeslied vir die geselligheid is deur Aletta Lochner geskryf en die amptelike “ingebruikneming” daarvan sal tydens die Erediens geskied. ‘n Gedenksteen sal ook na afloop van die Erediens onthul word. Sondagaand word die naweek afgesluit met die gemeente se immergewilde Kerssangdiens, waarna verversings deur die Vrouediens in die saal aangebied sal word.

Navrae rakende die opwindende Feesnaweek kan aan die Kerkkantoor by 028-384-0510 gerig word.

Hardus Botha

Feesnaweek vir NGK

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles