Feesnaweek vir NGK

Feesnaweek vir NGK

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vanaf 21 tot 23 November word ‘n behoorlike, maar dankbare Feesnaweek deur die NG-gemeente ter herdenking van hulle 70ste bestaansjaar gereël. “Alle gemeentelede, besoekers, familie en vriende word uitgenooi om te deel in hierdie heuglike gebeurtenis,” sê die organiseerders. “Kom deel in die feesvieringe en dat ons daardeur ons Hemelse Vader dank vir 70 jaar van gemeente wees, ongeag die omstandighede.”

Vrydag, 21 November is daar ‘n gemeentekonsert met gratis toegang, maar kaartjies moet vooraf by die Kerkkantoor gekry word, aangesien sitplekke beperk is. Die program is met plaaslike kunstenaars, wat vir skaterlag sal sorg, gevul, met plaaslike kore wat ook in aksie sal wees. Plaaslike storievertellers soos SD Fourie, Johan de Villiers en André Moolman sal ook optree. Die Baardskeerdersbos Boere-orkes, asook Eddie Barnard, tel onder die musiekmakers gedurende die aand.

‘n Hoogtepunt van die aand sal ‘n uittreksel uit die gewilde en suksesvolle Sneeuwitjie en die Sewe Dwergies wees. Verversings sal deur die Jeugkommissie te koop aangebied word. Saterdag, 22 November is daar speletjies vir oud en jonk soos 70 jaar gelede onder leiding van Piet van Zyl, met vele pryse om te wen. Vure vir ‘n gesellige bring-en-braai en saamkuier sal reeds vanaf 10:00 brand.

Gedurende die naweek sal oulike en handige wynsakke met ‘n plaaslike tema teen R30.00 te koop aangebied word. Op Sondag, 23 November sal dr Bobo van Zyl die Erediens waarneem, met al drie die predikant wat betrokke sal wees. ‘n Spesiale Feeslied vir die geselligheid is deur Aletta Lochner geskryf en die amptelike “ingebruikneming” daarvan sal tydens die Erediens geskied. ‘n Gedenksteen sal ook na afloop van die Erediens onthul word. Sondagaand word die naweek afgesluit met die gemeente se immergewilde Kerssangdiens, waarna verversings deur die Vrouediens in die saal aangebied sal word.

Navrae rakende die opwindende Feesnaweek kan aan die Kerkkantoor by 028-384-0510 gerig word.

Hardus Botha

Feesnaweek vir NGK

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles