Verjaarsdae hierdie week.
Baie geluk aan die volgende:
November 15 C. Harris
18 E. Marais
19 El Mathee
20 Dr R. Beukes
WOENSDAG Sloegters 5 Nov
1.Sextus Neethling 38
2. Jan Le Roux 37
3. George Hunt 37
4. Andre Roos 36
5. Gina Esterhuizen 35
Geen Spogtwees nie maar Solly Wessels wen twee van die naaste aan die penne en Jacques Nell een.
VRYDAG Hoenderkompetisie 7 Nov
Net sewe spelers het deelgeneem. Daan Victor het gewen met 21 punte gevolg deur Jan Le Roux en Jannie Brandt albei met 18 punte. Geen spogtwees nie en die naaste aan die pen was ook taboe.
SATERDAG Houespel geborg deur Kleinbaai Motors.
Goeie opkoms vir 'n houespel kompetisie. Naaste aan die Penne is gewen deur Jan Le Roux. Bobby Brandt en Frikkie van Eeden. Daar was altesaam 5 Spogtwees: Jan Le Roux, Guy Harker, Bobby Brandt, Jakkie Beukes en Frikkie van Eeden.
Die tellings was fenominaal, miskien omdat die wind 'n bietjie weggebly het.
1. Leon Hattingh (bruto 78) 64 netto
2. Jakkie Beukes 66
3. Jannie Brandt 68
4. Bobby Brandt 69
5. Bev Swart 70
6. Daniel van der Merwe 70 (bruto 77)
Volgende groot dag 22 November ( Academia) en 29 Nov Gemengde Pare. (Goosebay Paints).
Jannie Brandt
GANSBAAI Gholfklub / Golf Club
Tel: 028 384 1441 Fax: 028 384 1225
E-mail: gbgholf@gmail.com