Kilimanjaro vir kleuters

Kilimanjaro vir kleuters

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Almal van ons het ‘n lewensberg om uit te klim, maar kleuters soos hierdie klim ‘n berg soos Kilimanjaro sedert hulle geboorte,” sê Sandra Wessels, skoolhoof van die Christelike Speelskool vir Plaaskinders, Môresterretjies Pre-School op die plaas Morgenster buite Durbanville.

Sandra is die dogter van Pieter en Dalena Wessels, bekende inwoners van Kleinbaai. Die kleuters is na aan Sandra se hart en sy het in Desember 2013 op die idee besluit om Kilimanjora as ‘n fondsinsamelingsprojek vir die skool se jaarlikse voedselrekening aan te pak. Haar vriendin, Melinda du Plessis (40) was opgewonde oor die plan en het besluit om die uitdaging saam met Sandra aan te pak. “Die wiele is aan die rol gesit en die groot uitdaging sal vanaf 16 tot 23 Desember vanjaar deur ons aangepak word,” sê Sandra. Sy het ‘n uiteensetting van koste opgestel, asook ‘n doelwit-bedrag vir die voedselrekening vir die volle 2015.

Die ondersteuning was oorweldigend en tans beloop die ingesamelde bedrag R92,000, wat die volle voedselrekening vir 2015 dek, asook reeds die helfte van 2016 se rekening, wat ‘n puik prestasie is. Hulle doelwit is R5,895 vir elke kind, wat deur die hoogte van Kilimanjaro (5,895m) geïnspireer is. Die skool se ontstaan is te danke aan die eienaar van die plaas Morgenster wat uit dankbaarheid vir die genesing van sy jong seun die inisiatief aan die dag gelê het. Sy inisiatief, in samewerking met Badisa, het in September 2009 gerealiseer en die skool is in Januarie 2010 geopen, met Sandra, ‘n gekwalifiseerde onderwyser as skoolhoof. Die skool, wat intussen van krag tot krag gegroei het, word deur Badisa bestuur.

“Ons het die kleuters deel van ons beplanning gemaak om geïnspireer te word om hulle eie lewensberge so hoog soos Kilimanjaro uit te klim,” vertel Sandra. “Daarom het ons, as deel van ons voorbereiding, die kleuters vir die afgelope 7 maande ‘deel’ van die ekspidisie gemaak deur hulle op ‘oefen-stappies’ geneem, terwyl ons ook ‘n ‘visuele berg’ in die skool opgerig het.” Sy sê die belangrikste bly egter om aan die kleuters te demonstreer om hulle eie lewensberge met moed en durf aan te pak en om nooit tou op te gooi nie. Die twee dames het reeds goed geoefen vir hulle uitdaging en voel meer as gereed vir Kilimamjaro se berg met al die berge rondom hulle wat hulle gereeld uitgeklim het as deel van hulle voorbereiding.

Belangstellendes en/of voornemende donateurs kan vir Sandra Wessels by 076-788-9955 skakel, of stuur ‘n e-pos aan haar by sandrawessels1@gmail.com.

Hardus Botha

Kilimanjaro vir kleuters

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles