Hulle is maar daar

Hulle is maar daar

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die boodskap hierdie week verskil nie veel van verlede week s’n nie, behalwe dat daar darem groter kabeljoue gevang word. Hoewel daar nie gesê kan word dat jy vir seker jou vis gaan vang nie, juis omdat hulle nog nie rêrig hul opwagting gemaak het nie, is daar nie veel ander keuses nie en jou kanse bly goed om ‘n kabeljoutjie te vang. Maar jou lyn moet in die water wees!

Watter wind wanneer moet waai en wanneer jy die vis kan verwag is deur.’n Hardebaard só uitgelê: wanneer die suidoos waai, word die water koud en die warmer water word dan deur ‘n sterk wind kant toe forseer --  dis dan ook waarheen die vis sal gee pad. Indien daar rowwe water betrokke is word die vlakker water beiinvloed deurdat plante ens. losgemaal word en dít weer laat die water verkleur en dis waar ons vir ta gaan aantref. Westewind weer veroorsaak warmer water en die vraag kan dan gevra word, indien die water dan oral warm is, waarom gaan die vis moeite maak om kant toe te kom? Onthou, aan die kant is waar die bamboes is en dis hier waar die geelbek, maar veral die kabeljou  verkies om te wei. Vroeg in die jaar, na hulle heelwat amok gemaak het en met die aankomende winter en die gevolglike kwaai en koue water aan die kant gee hulle pad dieper in. Dan is dit tyd om hulle dieper te gaan vang.Die tegniek verskil heelwat afhangende of jy vanaf ‘n boot gaan vang en of jy met ‘n lang stok sit en van die kant af probeer. Somtyds doen jy albei, en sal jy weet wat ek bedoel! Veral indien jy van ‘n amperbootjie gebruik maak is jou kanse soveel beter en die rede is dat jy op die vlakker vangplekke kan kom  --  onthou dis juis hier waar hulle wei.

‘n Groter boot is weer ‘n ander storie en slegs as jy jou storie ken sal jy kan saampraat met die kleiner boeties. Een feit wat jy maar in gedagte kan hou is net omdat jy ‘n groter vis teiken dit nie beteken dat jy noodwendig van ‘n baie dik nylon en ‘n groot hoek gebruik moet maak nie. Dis ‘n bekende feit dat vis normaalweg ligter gereedskap verkies. Probleem is egter dat met die ligte gereedskap jy baie vis aankry, maar ook baie verloor! As jy die dag nie suksesvol is nie, probeer gerus die ligter gereedskap en kyk wat gebeur. Moet my net nie blameer vir die vis wat wegkom nie!  Die swaarder geelbek kan dalk ander tegniek vereis. Laat weet asb. of daar ‘n verskil is. 

Groete, Seemeeu

Hulle is maar daar

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles