Okkie Smuts se spangees

 Laerskool Okkie Smuts se o/11 krieketspan het op 25 Oktober teen Laerskool Gansbaai se o/ 11 krieketspan gespeel.

Hulle het 48 lopies aangeteken, maar dit was nie genoeg nie en Laerskool Gansbaai het met 6 paaltjies gewen. “Daar het ‘n goeie sportmangees tussen die twee spanne geheers en die ‘kuier’ in Gansbaai was lekker,” vertel Jandré Gerber, Okkie Smuts se afrigter.

Die spelers is Andrikus Moolman, Justin Wiliams, Luke Taberham, Nahum Plaatjies, Jolyn Fortuin, Leehanno Appel, Damian van Heerden, Jowen Byleveldt, Lucien Baadjies, Marcehello Appel en Quinton Hattingh.

Laerskool Okkie Smuts se o/11 krieketspan wat hier hulle lekker spangees demonstreer