Overberg Kushengelnuus

 Overberg Kushengelnuus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Overberg Kushengelklub se hengelkompetisie op Saterdag, 8 November 2014 kan gewis met sukses geassosieer word.

“Die gesegde wat lui, The Early Bird catches the worm, is gewis waar,” sê Elba Tredoux van die klub. “Dit is weer eens bewys dat die manne wat bereid is om vroeg op te staan en ver ente te ry, met die oes beloon word.” Hierdie laaste klubkompetisie van die jaar is weer jolig gevier - met ‘n paar mooi visse wat ingeweeg is. Elba sê geen van die visse wat ingeweeg is, is rondom Gansbaai gevang nie. Die weer was reg, die see was mooi, maar die bekende gate rondom Franskraal/Gansbaai is maar leeg. “Blykbaar is die Gruis mooi oopgespoel, maar die vis het veel wyer as daar gewei.” Sy sê ook die klompie kabeljoue wat gevang is, lyk belowend vir die seisoen wat voorlê.

Sihan Toua het die grootste vis van die dag ingebring - ‘n steenbras van 3.5kg. Die tweede grootste vis, ‘n kabeljou van 2.84kg, is deur Wynand Viljoen gevang. Sihan het dan ook die swaarste sak van die dag gehad.

Die borge van die pryse vir die dag word weer eens van harte deur die klub bedank, naamlik: Liquor Land; Salon Janine; Fish Fever.

“Die gemeenskap en besoekers word hartlik uitgenooi na die jaarlikse groot Visvangkompetisie op Vrydag, 26 Desember 2014,” sê Elba.

“Pryse ter waarde van R30,000 is op die spel!” Elke span bestaan uit vier lede en vriende, skoonseuns- en dogters kan ‘n heerlike dag langs die viswaters kom geniet. Elba sê hierdie dag is nie net vir die goeie hengelaars nie, maar vir almal wat lief is vir visvang (al hengel jy nog net). Die klub wil graag voortbou op die suksesvolle kompetisies van vorige jare en nooi almal uit om deel te neem.

Inskrywings sluit op 23 Desember 2014. Vir meer inligting rakende hierdie groot dag kan Leibrandt van Niekerk, Wedstrydsekretaris, by 028-384-1333 gekontak word.                                                                 

Hardus Botha

 Overberg Kushengelnuus

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles