R70m Hospitaalopknapping

R70m Hospitaalopknapping

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Wes-Kaapse Minister van Gesondheid, Theuns Botha, het op Vrydag 14 November 2014 ’n gedenkplaat onthul om Hermanus-hospitaal amptelik te open. Die hospitaal het ’n R70 miljoen-opknappingsprojek ondergaan wat dit van ’n 47-bed-hospitaal na ’n 71-bed-hospitaal omskep het. Die hospitaal is ’n Vlak Een-distrikshospitaal en bied binnepasiënt- en buitepasiëntdienste aan ’n uiteenlopende bevolking van ongeveer 85 000 mense wat in die Overstrand-distrik woon.

Minister Botha het in sy toespraak gesê die rekonstruksie het die hospitaal in ’n nuwe openbare gesondheidsfasiliteit van wêreldrang omskep.

“Ons fasiliteite bedien nou besoekers van dwarsoor Afrika. Aangesien ons Departement se personeel die meeste direkte kontak met die publiek het, is ons uitdaging steeds om die pasiënt se ervaring van ons dienste te verbeter. Toerusting kan gekoop word, maar ons personeel se positiewe interaksie met pasiënte kan nie gekoop word nie.

Dit is hoekom ons in ons fasiliteite moet belê om ’n omgewing te verseker waarin personeel en pasiënte gemaklik voel,” het Minister Botha gesê.

Minister Botha het die personeel gelukgewens op die verwerwing van die Baba-vriendelike Akkreditering wat ’n internasionale akkreditering en ’n belangrike aanwyser is van evaluasie van die Millennium-ontwikkelingsdoelwitte wat bereik is.

Ons volgende uitdaging is om op die gesondheid van vroue en kinders te fokus om die gesondheid van elke pasgeborene in die eerste 1 000 dae van hul lewe te verbeter. In die strewe na hierdie doelwit het ons provinsiale regering oorlog verklaar teen alkoholmisbruik, en sal in die nabye toekoms stappe aankondig om die misbruik van alkohol te bekamp.

Gesondheidsorgkostes wêreldwyd styg buite beheer, en dit is hoekom ons regering prioriteit gegee het aan welstand, wat gefokus is op die skepping van ’n gesonder samelewing deur siekte so vroeg as moontlik te identifiseer en behandel asook om die voorkoms van voorkombare siektes in die provinsie te verminder.

Ter afsluiting het Minister Botha die hospitaalbestuurders gelukgewens op die bestuur van die fasiliteit gelykstaande met hospitaalstandaarde. Die vermeerderde beddens is veral belangrik aangesien die hospitaal voorheen ’n bedbesettingskoers gehad het wat konsekwent bo 85% was. Die hoë besettingskoers het beteken dat die personeel minder tyd gehad het om aan elke pasiënt te spandeer. Die verbeterde infrastruktuur maak dit nou moontlik dat personeel persoongesentreerde sorg van gehalte kan verskaf.

’n Apteek, Administrasieblok, Noodsentrum, Kraamsaal, Pediatrie-saal en Buitepasiënt-departement is van die nuwe afdelings wat deel van die opknapping was. Die hospitaal het ook ’n toegewyde radiologie-diens asook ad hoc-fisioterapie- en arbeidsterapie-dienste.

Me. Kamfer, Direkteur van die Overberg-distrik, het in haar openingstoespraak genoem: “Die motivering en toewyding van die personeel van Hermanus-hospitaal moet toegejuig word. Hulle werk hard om te verseker dat hulle persoongesentreerde sorg van gehalte verskaf en die nuwe infrastruktuur sal hulle help om hierdie doelwit te bereik.”

Die onthulling van die gedenkplaat by Hermanus-hospitaal vier al die harde werk wat gedoen is om te verseker dat ons die gehalte van gesondheidsdienste en die pasiëntervaring verbeter.                                                        

Natasha Peterson

R70m Hospitaalopknapping

Natasha Peterson

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles