Morgans Skitter in Gansbaai

Morgans Skitter in Gansbaai

Gansbaai Courant

Sedert Woensdag verlede week het die telefone behoorlik in Gansbaai Courant se kantore gelui. Almal wou weet of daar kennis geneem is van die groot hoeveelheid “outydse” motors wat die dorp binnegery het. Inderwaarheid was daar sowat 17 van die Morgan-groep se motors, wat vooraf vir ‘n fotosessie verlede Vrydag by Stanfordsbaai en Gansbaai hawe gereël het.

Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme, het die samewerking van die plaaslike verkeersowerheid gekry en gereël dat die groep in ‘n konvooi deur Gansbaai kon ry. Hierdie uitstappie van die groep was op die Overberg gemik, met die aankondiging: “Still topless in 2014 - Morgans do it in the Overberg”:

“November is in the whale-watching seaso in the Overberg, but this year it’s also Morgan spotting time!’ Hierdie was hulle 6de jaarlikse toer vanaf Somerset-Wes tot by Arniston en Kaap Agulhas en weer terug na Somerset-Wes, via Gansbaai waar hulle vir 2 nagte oorgebly het. In totaal was dit ‘n toer van sowat 500km van “easy topless driving”. Dit was ‘n voorreg om hierdie blink pragstukke van naderby te kon besigtig. Die bestuurders het ewe spoggerig met hoede en pette op deur Gansbaai in Hoofstraat gery en die koppe laat draai. By Stanfordsbaai het hulle bymekaargekom, waarna hulle na Gansbaai hawe onder verkeersbegeleiding vir die fotosessie gery het.

Die Morgan is ‘n oop Britse sportmotor en is al vir meer as honderd jaar in produksie, met hierdie toer se motors wat 1969 tot 2012 ingesluit het. Die modelle varieër vanaf die “Classic Morgan 4/4, +8 en “Roadsters” tot by die meer moderne “Aero”, ingesluit ‘n weergawe van die oorspronklike 3-wiel motor. Een van die oudstes onder hulle se nommerplaat lees: Ms Daisy, ‘n naam vanuit die film, “Driving Miss Daisy”, wat vele lesers sekerlik sal onthou.

Belangstellendes kan vir Bev Herzfeld by bevherzfeld@me.com vir navrae kontak.

Hardus Botha

Morgans Skitter in Gansbaai

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles