Morgans Skitter in Gansbaai

Morgans Skitter in Gansbaai

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Sedert Woensdag verlede week het die telefone behoorlik in Gansbaai Courant se kantore gelui. Almal wou weet of daar kennis geneem is van die groot hoeveelheid “outydse” motors wat die dorp binnegery het. Inderwaarheid was daar sowat 17 van die Morgan-groep se motors, wat vooraf vir ‘n fotosessie verlede Vrydag by Stanfordsbaai en Gansbaai hawe gereël het.

Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme, het die samewerking van die plaaslike verkeersowerheid gekry en gereël dat die groep in ‘n konvooi deur Gansbaai kon ry. Hierdie uitstappie van die groep was op die Overberg gemik, met die aankondiging: “Still topless in 2014 - Morgans do it in the Overberg”:

“November is in the whale-watching seaso in the Overberg, but this year it’s also Morgan spotting time!’ Hierdie was hulle 6de jaarlikse toer vanaf Somerset-Wes tot by Arniston en Kaap Agulhas en weer terug na Somerset-Wes, via Gansbaai waar hulle vir 2 nagte oorgebly het. In totaal was dit ‘n toer van sowat 500km van “easy topless driving”. Dit was ‘n voorreg om hierdie blink pragstukke van naderby te kon besigtig. Die bestuurders het ewe spoggerig met hoede en pette op deur Gansbaai in Hoofstraat gery en die koppe laat draai. By Stanfordsbaai het hulle bymekaargekom, waarna hulle na Gansbaai hawe onder verkeersbegeleiding vir die fotosessie gery het.

Die Morgan is ‘n oop Britse sportmotor en is al vir meer as honderd jaar in produksie, met hierdie toer se motors wat 1969 tot 2012 ingesluit het. Die modelle varieër vanaf die “Classic Morgan 4/4, +8 en “Roadsters” tot by die meer moderne “Aero”, ingesluit ‘n weergawe van die oorspronklike 3-wiel motor. Een van die oudstes onder hulle se nommerplaat lees: Ms Daisy, ‘n naam vanuit die film, “Driving Miss Daisy”, wat vele lesers sekerlik sal onthou.

Belangstellendes kan vir Bev Herzfeld by bevherzfeld@me.com vir navrae kontak.

Hardus Botha

Morgans Skitter in Gansbaai

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles