Liquor License Meeting: All liquor license holders are invited to attend an education session with members of the Western Cape Liquor Authority. The session will take place on 27 November 2014 from 10:00 till 12:00 in the Dutch Reform Church Cathesism Hall (Kleinsaaltjie). This will be to the benefit of all licence holders. For any information, please contact W/O Human at 028-384-0201.
Indiensneming: Die gemeenskap word weer eens daarop gewys dat hulle nie enige persoon in diens moet neem alvorens hulle nie baie seker is dat hulle oor genoegsame inligting oor die persoon beskik nie. Dit word ook aanbeveel om ‘n afskrif van die persoon se Identifikasieboek te maak en te bevestig dat hy/sy ‘n vaste woonadres het. Dit kom gereeld voor dat huiseienaars geen agtergrond van persone in hul diens het nie, wat baie gevaarlik kan wees.
Onwettige DVD’s en CD’S: ‘n Besigheidseienaar van Gansbaai is op 7 November 2014 aangekeer oor die onwettige besit van DVD’s en CD’s. Die persoon het dit na bewering self vervaardig en dit dan onwettig versprei deur dit te verkoop. Die persoon is gearresteer en die saak teen hom word ondersoek. Dit is teen die wet om oorspronklike DVD’s en CD’s te sny en dan te verkoop. Gansbaai SAPD beplan om meer soortgelyke optredes in die toekoms te loods.
AO Wynand le Roux, Gansbaai SAPD