Vuurtoring bouers

Agt Gr 6-leerders van Gansbaai Primêr het bewys dat hulle potensiële “Vuurtoringbouers” is.

“Die leerders se projek vir Natuurwetenskap in die derde termyn, moes aangepak word en die leerders het fluks aan die werk gespring,” vertel Gansbaai Primêr se Adjunk-hoof, Niel Pedro van sy Gr 6-klas. Die leerders het op die bou van vuurtorings besluit wat in Gansbaai Toerisme se vertoonlokaal uitgestal word. Hulle het baie moeite met hoofsaaklik afvalmateriaal gedoen en perfekte vuurtorings gebou - kompleet met werkende vuurtoringligte.

Die 8 leerders wat hiervoor verantwoordelik was, is (alfabeties) Amy October (13), Carry-Ann Visagie (12), Chenneil Swartz (12), Cody Valentine (11), Dewald Baardman (13), Hubern Visser (13), Jaydee Lee (12) en Joshua Booysen (14). Die pragtige uitstalling in Gansbaai Toerisme kan gerus besoek word.

Hardus Botha

Hier is die groep leerders van Gansbaai Primêr by hulle vuurtorings wat hulle gebou het, met Adjunkhoof Niel Pedro agter regs