McClarke’s Hide-Away in Hoopstraat 21, Gansbaai is gewis die ideale “skuilplek” vir rustige funksies. Die amptelike opening is op Vrydagaand, 14 November 2014 met ‘n gesellige funksie saam met vriende gevier.
Met sowat 30 jaar se ervaring in die onthaal-bedryf, is Marina Clarke, eienaar (regs), nou gerat hiervoor, met haar eggenoot, Bill wat haar ondersteun. Sy bied ‘n vasgestelde spyskaart aan en maak dus nie vir a la carte voor-siening nie. McClarke’s Hide-Away se hooffokus val op onthaal. “Ek is slaggereed vir private gesellighede, funksies, partytjies en selfs troues in die kleine,” sê Marina.
Sy maak ook vir spesiale dae soos Kersdag, Moedersdag en andere voorsiening, terwyl ‘platters’ en ‘n spitbraai ook beskikbaar is. Slegs Vrydae en Saterdae is beskikbaar, maar reëlings vir ander dae kan getref word. In alle gevalle sal vooraf-besprekings waardeer word om behoorlike diens te verseker. En McClarke’s Hide-Away se eie en bekende gesegde? “Bring your guests, we will do the rest!”
Vir navrae kan Marina by 073-554-0017 of 028-384-1434 geskakel word.
Hardus Botha