Wat kan n mens aan my doen

Wat kan n mens aan my doen

Gansbaai Courant

“Wees tevrede met wat julle het. GOD self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.”  Daarom kan ons met vertroue sê: “Die HERE is my helper, ek ken geen vrees nie: wat kan 'n mens aan my doen?”(Heb 13:5,6)

Ons almal beland van tyd tot tyd in ’n situasie waar ander mense jou lewe versuur of bedreig. Daardie lastige buurman wat jou dreig omdat jou hond sy tuin bevuil het of jou kinders die middag so luidrugtig was. Dit kan jou bankbestuurder wees wat jou waarsku met ’n brief of iemand by die werk wat jou in die moeilikheid laat beland het. Soms is dit regtig onsself wat moeilikheid veroorsaak het en nou deur iemand anders vervolg word.

Daardie ander persoon word nou die Goliat wat jou bangmaak of jou lewensvreugde steel.

Kyk weer hier bo na die twee verse uit Hebreërs 13. Lees dit weer en weer totdat jy hoor wat  GOD self gesê het: “Ek sal jou nooit verlaat of in die steek laat nie!”Dit is GOD se belofte aan jou – en jy moet dit glo. So jammer dat ons baie keer meer glo wat in koerante staan of ander mense vir ons sê as wat ons glo wat GOD in Sy Woord aan ons belowe! Ons denke en ons gesindheid moet deur GOD bepaal word en nie ander mense se dreigemente of berigte op die TV en artikels in koerante nie.

Lees verder: “Die HERE is my helper, ek ken geen vrees nie: wat kan 'n mens aan my doen?”Kyk jy dalk wild rondom jou na wat ander mense doen, of rig jy jou oë op die HERE wat jou ware helper is? As jou probleem of jou opponent groter lyk as wat hulle is, moet jy deur GOD se bril na hulle kyk. Mense en probleme word al kleiner as ons op GOD vertrou. Solank as wat jy GOD aanroep as jou Helper hoef jy nie bang te wees vir ander mense en dinge nie! Doen dit net! Roep Hom aan!

Pak jou probleem sommer nou aan. Gaan in gebed na GOD en lees hierdie verse terug in gebed. Hou GOD by Sy beloftes – Hy hou daarvan as ons Hom op Sy Woord neem. Vra die Heilige Gees om jou verstand helder te maak sodat jy die regte antwoord aan die ander persoon of saak sal gee. Moenie huiwer om op te staan en met GOD as jou helper jou probleem of opponent aan te pak nie. Ons is mos meer as oorwinnaars deur Hom wat ons lief het! (Rom 8:37) Voel jy nie al klaar die krag van GOD in jou nie?!

Wat kan n mens aan my doen

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles