Wat kan n mens aan my doen

Wat kan n mens aan my doen

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Wees tevrede met wat julle het. GOD self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.”  Daarom kan ons met vertroue sê: “Die HERE is my helper, ek ken geen vrees nie: wat kan 'n mens aan my doen?”(Heb 13:5,6)

Ons almal beland van tyd tot tyd in ’n situasie waar ander mense jou lewe versuur of bedreig. Daardie lastige buurman wat jou dreig omdat jou hond sy tuin bevuil het of jou kinders die middag so luidrugtig was. Dit kan jou bankbestuurder wees wat jou waarsku met ’n brief of iemand by die werk wat jou in die moeilikheid laat beland het. Soms is dit regtig onsself wat moeilikheid veroorsaak het en nou deur iemand anders vervolg word.

Daardie ander persoon word nou die Goliat wat jou bangmaak of jou lewensvreugde steel.

Kyk weer hier bo na die twee verse uit Hebreërs 13. Lees dit weer en weer totdat jy hoor wat  GOD self gesê het: “Ek sal jou nooit verlaat of in die steek laat nie!”Dit is GOD se belofte aan jou – en jy moet dit glo. So jammer dat ons baie keer meer glo wat in koerante staan of ander mense vir ons sê as wat ons glo wat GOD in Sy Woord aan ons belowe! Ons denke en ons gesindheid moet deur GOD bepaal word en nie ander mense se dreigemente of berigte op die TV en artikels in koerante nie.

Lees verder: “Die HERE is my helper, ek ken geen vrees nie: wat kan 'n mens aan my doen?”Kyk jy dalk wild rondom jou na wat ander mense doen, of rig jy jou oë op die HERE wat jou ware helper is? As jou probleem of jou opponent groter lyk as wat hulle is, moet jy deur GOD se bril na hulle kyk. Mense en probleme word al kleiner as ons op GOD vertrou. Solank as wat jy GOD aanroep as jou Helper hoef jy nie bang te wees vir ander mense en dinge nie! Doen dit net! Roep Hom aan!

Pak jou probleem sommer nou aan. Gaan in gebed na GOD en lees hierdie verse terug in gebed. Hou GOD by Sy beloftes – Hy hou daarvan as ons Hom op Sy Woord neem. Vra die Heilige Gees om jou verstand helder te maak sodat jy die regte antwoord aan die ander persoon of saak sal gee. Moenie huiwer om op te staan en met GOD as jou helper jou probleem of opponent aan te pak nie. Ons is mos meer as oorwinnaars deur Hom wat ons lief het! (Rom 8:37) Voel jy nie al klaar die krag van GOD in jou nie?!

Wat kan n mens aan my doen

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles