Unieke Fondsinsameling

Unieke Fondsinsameling

Gansbaai Courant

Die O.M.G.E.E. Puren Bediening in Pearly Beach is ‘n “baba” van O.M.G.E.E. Bediening van ds Deon Kloppers in Gansbaai. “Deon is ons prediker en die Bediening is gedurende Mei vanjaar gestig en ons maak gebruik van die Purensaal in die Pearly Beach Vakansie-oord vir Eredienste en Bybelstudie-geleenthede,” sê Tess de Kock van die gemeente. Tess is ook die organiseerder van die komende fondsinsamelingsprojek wat beplan word. “Dit gaan ‘n bedrywige drie dae in Pearly Beach wees,” sê Tess. “Ingesluit gaan wees: Boeresport, Toutrek, Potjiekoskompetisie, Kosstalletjies en Prysuitdelings wat in die Purensaal sal plaasvind.” Die drie dae behels die volgende:

24 Desember: ‘n Stapkompetisie om 10:00 waaraan verskillende ouderdomsgroepe kan deelneem. Die begin- en eindpunt is by die Purensaal. Die roete loop deur Pearly Beach dorp en is ongeveer 8km lank. Daar is ook ‘n korter roete van ongeveer 6km. Pryse sal uitgeloof word vir die wenners, maar ook vir die beste “stapklere”, die beste gees geopenbaar, die meeste uithouvermoeë en dies meer.

29 Desember: ‘n 4 x 4 roete sal op die plaas van Jan Koekemoer geniet kan word. Stoppunte is op die roete ingebou waar interessante praatjies oor die omgewing gelewer sal word. Die hele familie is welkom, want na afloop van die roete sal daar in die dam-area op die plaas vleisgebraai en geswem word. Eie drink-, eet- en swemgoed moet ingepak word. Vure sal reeds brand wanneer die deelnemers by die dam arriveer. Hulle het ‘n “Master of Arms” aangestel wat deelnemers sal dophou en “boetes” sal ingestel word vir verskeie "oortredings".

Hierdie byeenkoms begin 10:00 en die voertuie vertrek vanaf die Purensaal. Om 18:30 hou hulle ‘n danskompetisie vir jonger deelnemers. Die ouderdomsgroep wissel van 2 tot 14 jaar. Deelnemers moet hulle eie musiek verskaf en kan enige danspassies uitbeeld. Hierdie kompetisie sal by die Wit Muur in die Oord gehou word. Pryse sal uitgeloof word vir die beste danspassies, maar ook vir die kostuums wat die beste by die danspassies pas.

30 Desember: Dié dag skop af met ‘n Boeresportkompetisie om 10:00. Vir elke item sal daar pryse uitgeloof word. Daar sal verskillende kosstalletjies wees, asook ‘n Potjiekoskompetisie wat om 14:00 sal begin. By die Potjiekoskompetisie sal pryse uitgeloof word vir wenners, beste spangees, beste voorbereiding, beste tafel, ensovoorts. Hulle beplan ook ‘n Toutrekkompetisie om 14:00, met pryse aan die wenspan, beste spangees, toutrekker van die dag en andere. Die prysuitdeling begin om 19:30.

“Deelnemers kan nou reeds begin om vir die kompetisies in te skryf,” vertel Tess. “Hou ons advertensieborde in al die nabygeleë plekke dop vir verdere inligting.”

Die onderskeie kompetisies se inskrywingsgelde is as volg: Stapkompetisie R10.00; 4 x 4 Roete R150.00/voertuig; Dans-kompetisie R20.00; Kosstalletjies en Potjiekoskompetisie is beskikbaar teen R100.00 per inskrywing. Spanne wat vir die Toutrekkompetisie inskryf moet R100.00 per span opdok. Die Boeresportkompetisie sal R10.00/volwassene en R5.00/kind per item beloop. “Ons beoog om hierdie projek ‘n jaarlikse instelling te maak,” sê Tess.

Navrae kan aan haar by 071-840-8031 gerig word, of stuur ‘n e-pos aan haar by deondk57@gmail.com.

Hardus Botha

Unieke Fondsinsameling

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

Updated Constitution - March 2024

Updated Constitution - March 2024

We are thrilled to announce the release of our updated Constitution for the Pearly Beach Ratepayers Association, effective March 2024. 

Luxe Travel Awards 2024

Luxe Travel Awards 2024

Over the past nine months, the Luxe Travel Award judges have traversed South Africa in pursuit of unparalleled hotel experiences.

Gans-Berg Nuus / News
Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Feeling overwhelmed by the homebuying process?

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

We're thrilled to announce that with the help of Elim Home Agriculture, we've had a successful olive harvest at Elim Home!

Elim Home
See All Articles