Unieke Fondsinsameling

Unieke Fondsinsameling

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die O.M.G.E.E. Puren Bediening in Pearly Beach is ‘n “baba” van O.M.G.E.E. Bediening van ds Deon Kloppers in Gansbaai. “Deon is ons prediker en die Bediening is gedurende Mei vanjaar gestig en ons maak gebruik van die Purensaal in die Pearly Beach Vakansie-oord vir Eredienste en Bybelstudie-geleenthede,” sê Tess de Kock van die gemeente. Tess is ook die organiseerder van die komende fondsinsamelingsprojek wat beplan word. “Dit gaan ‘n bedrywige drie dae in Pearly Beach wees,” sê Tess. “Ingesluit gaan wees: Boeresport, Toutrek, Potjiekoskompetisie, Kosstalletjies en Prysuitdelings wat in die Purensaal sal plaasvind.” Die drie dae behels die volgende:

24 Desember: ‘n Stapkompetisie om 10:00 waaraan verskillende ouderdomsgroepe kan deelneem. Die begin- en eindpunt is by die Purensaal. Die roete loop deur Pearly Beach dorp en is ongeveer 8km lank. Daar is ook ‘n korter roete van ongeveer 6km. Pryse sal uitgeloof word vir die wenners, maar ook vir die beste “stapklere”, die beste gees geopenbaar, die meeste uithouvermoeë en dies meer.

29 Desember: ‘n 4 x 4 roete sal op die plaas van Jan Koekemoer geniet kan word. Stoppunte is op die roete ingebou waar interessante praatjies oor die omgewing gelewer sal word. Die hele familie is welkom, want na afloop van die roete sal daar in die dam-area op die plaas vleisgebraai en geswem word. Eie drink-, eet- en swemgoed moet ingepak word. Vure sal reeds brand wanneer die deelnemers by die dam arriveer. Hulle het ‘n “Master of Arms” aangestel wat deelnemers sal dophou en “boetes” sal ingestel word vir verskeie "oortredings".

Hierdie byeenkoms begin 10:00 en die voertuie vertrek vanaf die Purensaal. Om 18:30 hou hulle ‘n danskompetisie vir jonger deelnemers. Die ouderdomsgroep wissel van 2 tot 14 jaar. Deelnemers moet hulle eie musiek verskaf en kan enige danspassies uitbeeld. Hierdie kompetisie sal by die Wit Muur in die Oord gehou word. Pryse sal uitgeloof word vir die beste danspassies, maar ook vir die kostuums wat die beste by die danspassies pas.

30 Desember: Dié dag skop af met ‘n Boeresportkompetisie om 10:00. Vir elke item sal daar pryse uitgeloof word. Daar sal verskillende kosstalletjies wees, asook ‘n Potjiekoskompetisie wat om 14:00 sal begin. By die Potjiekoskompetisie sal pryse uitgeloof word vir wenners, beste spangees, beste voorbereiding, beste tafel, ensovoorts. Hulle beplan ook ‘n Toutrekkompetisie om 14:00, met pryse aan die wenspan, beste spangees, toutrekker van die dag en andere. Die prysuitdeling begin om 19:30.

“Deelnemers kan nou reeds begin om vir die kompetisies in te skryf,” vertel Tess. “Hou ons advertensieborde in al die nabygeleë plekke dop vir verdere inligting.”

Die onderskeie kompetisies se inskrywingsgelde is as volg: Stapkompetisie R10.00; 4 x 4 Roete R150.00/voertuig; Dans-kompetisie R20.00; Kosstalletjies en Potjiekoskompetisie is beskikbaar teen R100.00 per inskrywing. Spanne wat vir die Toutrekkompetisie inskryf moet R100.00 per span opdok. Die Boeresportkompetisie sal R10.00/volwassene en R5.00/kind per item beloop. “Ons beoog om hierdie projek ‘n jaarlikse instelling te maak,” sê Tess.

Navrae kan aan haar by 071-840-8031 gerig word, of stuur ‘n e-pos aan haar by deondk57@gmail.com.

Hardus Botha

Unieke Fondsinsameling

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles