Bags of Love

Bags of Love

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Bags of Love” beteken net een ding: Om uit dankbaarheid te gee wat jy het!

“Dit is weer daardie tyd van die jaar waar baie van ons die geleentheid kry om te gee uit ons oorvloed en in dankbaarheid vir die bietjie of baie wat ons het,” sê Heidi Kruger, Administra-tiewe Beampte van Gansbaai Badisa. Vanjaar het daar ‘n verskil ingetree: Gansbaai Maatskaplike Dienste (Badisa) in samewerking met die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie, asook Gansbaai Aanbiddingsentrum (onder leiding van past Frikkie Zeelie), wil dit graag moontlik maak vir mense om ‘n sak, “Bag of Love”, te vul met kruideniers-ware vir behoeftiges in die gemeenskap. Gansbaai Superspar het aangebied om geskenkpakke ter waarde van R120.00, wat onderstaande basiese kruideniers-ware bevat, op te maak en aan die organiseerders te oorhandig vir ver-spreiding aan behoeftige gesinne: 1kg rys, 1kg suiker, 26 pakkies teesakkies, 450g koffie, 400g grondboontjiebotter, 425gr pilchards in tamatiesous, 200g boksies soja-maalveis, 1kg stamp-mielies/meel, 500g gedroogde suikerboontjies, 1kg mieliemeel, 410g gebakte bone, 750ml kookolie, 500g sout en 750ml koeldrank.

“Ons vra dat individue, gesinne, besighede of skoolklasse / grade wat bereid is om ‘n sak te vul, besoek bring aan Gansbaai Maatskaplike Dienste (Badisa kantore tussen Gansbaai Laerskool en die Pretoriussaal in Hoofstraat, Gansbaai), of om kontant-bydraes by die Gansbaai Superspar in te betaal,” sê Heidi. ‘n Spesiale rekening, "Bags of Love 2014", is vir dié doel geskep. Gesinne en individue wat by die projek baat sal vind, word deur al die betrokke partye geïdentifiseer en hierdie sakke sal dan vanaf 22 tot 24 Desember 2014 deur hulle in die gemeenskap versprei word waar die behoefte die grootste is. Hierdie sakke, gevul met liefde, sal verseker groot vreugde verskaf aan mense wat swaarkry in ‘n tyd waar baie van ons feesvier.

Kontak gerus vir Heidi Kruger vir verdere inligting by 028-384-0151.

Hardus Botha

Bags of Love

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles