Die Jaareinfunksie en Prysuitdelingsaand van die Birkenhead Boothengelklub het in ‘n feestelike atmosfeer in ‘n prag-versierde saal plaasgevind, met Yolanda Liebenberg en haar span wat vir ‘n uitstekende ete gesorg het.
Die hoogtepunt van die aand was die uitdeling van pryse: Johan Burmeister - Algehele Visvangkampioen (65.28kg), Algehele Bootkampioen (51.24kg), plus 5 trofeë en 3 sertifikate; Jean Downing - 2de Algehele Visvangkampioen (51.24kg), 2de Algehele Bootkampioen (30.43kg), Beste Sportmansgees Trofee, plus 2 sertifikate; Dixie Walsh - Algehele Dameskampioen (16.4kg), plus ‘n sertifikaat; Gawie Krugel - 2 trofeë, 2 gedeelde trofeë en 1 sertifikaat; Philip Fourie - 2 trofeë en 1 sertifikaat.
Die volgende hengelaars het ook trofeë en sertifikate ontvang: De Wet Giliomee, Raymond Rabe, Bev Swart, André Hattingh, Gavin Engelbrecht en Salmon Herselman. Die Verdienstelikheidstrofee is aan Johan en Suzette Wiese toegeken en die Beste Sosiale Bydrae Trofee aan Steve en Margi Muller, met Lorraine Fourie wat ‘n pragtige ruiker ontvang het vir haar besonderse werk in die klub.
Raymond en Roza Rabe het elk ‘n pragtige geraamde sertifikaat ontvang vir hulle besonderse werk in die klub oor etlike jare heen, met ‘n geraamde sertifikaat wat ook aan Koos de Kock toegeken vir sy jarelange en getroue werk as SAMSA Ondersoekbeampte en Veiligheidsoffisier.
Belangrike datums:
13 Des - Boothengelkompetisie sonder funksie, skippersvoorligting Vrydag,
12 Des om 19:30 (Johan Burmeister 082-895-7647).
31 Des - Oujaarsdans. Bring eie eetgoed, kroegfasiliteite beskikbaar. (Johan Wiese 084-680-1269 of Lorraine Fourie 083-450-3653).
Hardus Botha
Philip Fourie (links) by Johan Burmeister: Algehele Visvang- en Bootkampioen