‘n Groot groep Senior Burgers (70 jaar en ouer) is onlangs heerlik bederf. Hulle kon ontspanne aansit by prag-versierde tafels in Gansbaai Aanbiddingsentrum van die Gansbaai AGS-gemeente.
‘n Gesellige atmosfeer is ook met saalversierings geskep, met ‘n ete waaroor daar seker nog lank gepraat sal word. Die organiseerder, past Beryll Coetzer, sê die geselligheid is terdeë deur die seniors geniet, asook die heerlike saamkuier as deel van hulle jaareindfunksie. Annelie Botha van Gansbaai het as sanger opgetree en daar is behoorlik aan haar lippe gehang.
“Ek wil niemand uitsonder nie, daarom bedank ek graag alle donateurs en harde werkers wat hierdie dag vir ons Senior Burgers moontlik gemaak het,” sê Beryll.
Hardus Botha