Vroue en die Kameralens

Vroue en die Kameralens

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai dames van die NG Vrouediens, onder leiding van Elcine Hulme, het weer eens gesorg vir ‘n spoggerige jaarafsluiting. Die middag is keurig versorg, soos net hulle dit kan doen. “Die hoogtepunt was ons gasspreker, wat hierdie keer ‘n doring onder die klomp rose was,” vertel Elcine. Die gelukige man is die bekende fotograaf en natuurliefhebber, Wickus Leeuwner. Hy het ‘n vorige keer tydens ‘n byeenkoms van Gansbaai Fotografieklub opgetree en is dus bekend met hierdie wêreld. “Wickus se aanbieding het die dames in ‘n wêreld van verwondering ingelei,” sê Elcine. “Nie net het hy die kuns van fotografie aan ons bekendgestel nie, maar het dit ook met musiek onderstreep en beklemtoon.” Met verwysing na sy verstommende natuurfoto’s, het een van die dames gesê: “Dan is daar nog mense wat glo daar is nie ‘n God nie!” 

 “Ons kon vir ‘n wyle na die skepping deur die lens van ‘n kenner kyk,” vertel Elcine. “’n Kenner met ‘n passie vir wat hy doen en geloof en liefde vir God en sy handewerk.” Sy sê terwyl Wickus die weelde van die Overberg oopgeflits het, kon hulle net met dankbaarheid daaraan dink dat hulle in hierdie mooie wêreld bly en hoe bevoorreg hulle is. “Die beelde van die duine by De Hoop Natuurreservaat sal ons altyd bybly, so ook die geboorte van kraanvoëls en die prentjie-mooi Namakwaland wat in blom is.” Die dames was dit eens dat elkeen van hulle huis toe is met beelde en klanke wat ‘n diep indruk op hulle gemaak het en almal kon nabetragting hou terwyl die CD met musiek speel wat as ‘n geskenkie gegee is. “’n Ryke jaarafsluiting, ‘n dag om te onthou en Wickus se aanbieding was mooi, heilig mooi…”

Hardus Botha

Vroue en die Kameralens

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles