Kreef en kabeljou

Kreef en kabeljou

Gansbaai Courant

Die groot nuus laas week was die aankondiging van die verkorte kreefseisoen. Die Burger het die datums aangegee as: 15 en 16 Nov. (dis verby!) en dan 16 Des. Ook vanaf 20 Des. tot 2 Jan. en 3 tot 6 April. Die wettige grootte van die kreef is as 75mm aangedui maar volgens my is dit foutief en dit sal wys wees om liewer by die aanvaarde 80mm te hou.

Daar was wel manne (en heel paar dames) wat die afgelope naweek ingespring het om die eerste krewe op die tafel te kry, maar dit het maar sukkel-sukkel gegaan hoewel sommiges tog kwota gekry het. Of dit finansieel die moeite werd is is iets om te oorweeg. Aangesien daar heelwat meer beweeg word met die kreefuithalery as met visvang byv. is jou brandstofverbruik ook aansienlik meer, veral wanneer jy gedurig van net tot net moet beweeg. Hierdie kreefstorie het ook sy eie aantrekkingskrag en hoewel die uitgawes ‘n teerpunt is maak die dag se gewerskaf dit tog iets om na uit te sien.

Daar is ‘n paar punte om in gedagte te hou wat kan beteken dat jy meer suksesvol kan wees, maar elkeen het mos maar sy eie manier van dinge doen en sal nie met alles saamstem nie. Die eerste oorweging is dat jou nette behoorlik opgemaak word en in ‘n goeie toestand is. Veral gate moet vermy word   --  die kreef het lankal al pad gevat  terug see toe, dan “soek” jy nog! Sorg dat jy genoeg aas het. Daardie stukkies waarop jy staat maak kan nie aantreklik vir die kreef wees nie en waarom sal hulle nie ‘n beter opsie verkies nie? Gebruik verkieslik daardie langer aassakkies wat alkant vasgebind word. ‘n Paar aasvisse kan ook hiermee  saam gebruik word, maar onthou hierdie aas moet in die middel van die ring hang. Dis belangrik. ‘n Kurk wat bo die aas hang kan ook help aangesien dit die toue lig. Oor die intrek van die nette bestaan ook nogal meningsverskil. Ek glo dat wanneer die water kalm is die toue stadig ingetrek moet word en wanneer die los tou ingetrek is ‘n gesonde pluk  aan die tou nodig is en dan is dit volstoom boontoe. Wanneer in ‘n stroom of rowwe water gevang word verander die storie en moet daar dadelik en haastig ingetrek word. Party mense doen dit in alle omstandighede aangesien, volgens hulle, sodra jy aan die tou trek dit die kreef hinder en hulle dan uit die net klim.

Om die regte plek te kry is ‘n ander storie en dit kos nogal soek om ‘n produktiewe plekkie op te spoor. As die kreef nie is waar jy gooi nie, probeer bietjie aanskuif. Met ordentlike gereedskap en aas is jy minstens verseker die fout lê nie by jou nie! Watter soort aas? Snoekkoppe is ‘n prioriteit. Sardyn werk baie goed en vir die los vis wat bo-op vasgebind word, sommer enige aasvis.

Die weersomstandighede beteken dat jy nie aldag op die water kan kom nie, maar daar word tog kabeljou gevang en binnekort gaan die byle huil. Groete, Seemeeu 

Kreef en kabeljou

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Can you experience pure happiness in this moment, without any external factors affecting it?

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so 'ietwat' van die klub se gewone maandelikse kompetisies.

Gans-Berg Nuus / News
Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Exciting update from our Entrepreneurship Programme and Enterprise Development at Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Transform Your Business Space with Paint

Transform Your Business Space with Paint

Paint plays a pivotal role in setting the tone and ambience of commercial spaces, from cosy cafes to bustling stores and elegant restaurants.

Join Us in Protecting Pearly Beach!

Join Us in Protecting Pearly Beach!

The Pearly Beach Ratepayers Association works to keep Pearly Beach beautiful and safe.

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles