Op Saterdag 8 November het Gansbaai Tennisklub se Algemene Jaarvergadering plaasgevind.
Die bestuur bly min of meer onveranderd.
Kontak gerus enige van die volgende persone vir inligting rakende die klub. Daniel Geldenhuys 0721173473, Gerhard Germishuizen 0725361777, Alta van Niekerk 0825639056, Lisel Joubert 0828504182 of Elsabie Schoombie 0829227063.
Van die besluite wat geneem is, nodig om van kennis te neem, is:
Ons jaarlikse tennisdag wat al so gewild is, sal nie vanjaar in Desember plaasvind nie. HIerdie toernooi skuif na die Jun/Jul skoolvakansie. Die datum sal later bekend gemaak word. Ons wil graag ons gereelde borge, wat ons jaarliks ondersteun, bedank vir hul bydrae. Ons vertrou dat ons in die toekoms op julle kan reken.
Sosiale tennis op 'n Woensdag skuif na 15:30 by die skool se bane. Die Saterdag sosiaal bly soos altyd om 14:00 by die skoolbane.
Ledegeld van R300 per lid bly onveranderd en is betaalbaar vanaf Nov 2014.
Tweedehandse tennisballe vir krieket op die strand of as speelgoed vir die honde-kinders is by klub beskikbaar @ R5/bal.
Op Saterdag 29 November speel Noord-Boland teen Suid-Boland op Worcester. Baie geluk en sterkte aan 3 van ons klublede wat verkies is om Noord-Boland te verteenwoordig: Alta van Niekerk, Lyn Bouchier en Daniel Geldenhuys.
Tennisgroete
Daneel Geldenhuys