Kersliggies

Die aanskakeling van Gansbaai se Kersliggies is voor die deur: 5 Desember 2014 om ± 20:15.

Hierdie jaarlikse opwinding sal weer eens met stalletjies, plaaslike kunstenaars en gesellige saamkuier gepaardgaan. Die program word deur Gansbaai Toerisme, in samewerking met die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie, gereël. Die uitbreiding van die liggies deur die munisipaliteit oor jare heen, het ‘n trots vir Gansbaai geword.

Vir besonderhede kan Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme by 028-384-1439 of 072-291-5564 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan haar by gansbaaimanager@telkomsa.net.

Gansbaai Kersliggies 1_1
Gansbaai Kersliggies 2