In Memoriam Andries Adams

In Memoriam Andries Adams

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Andries Adams (68) is op 19 November 2014 in sy huis in Blompark oorlede. “Ek het nog gedurende die voormiddag met hom gesels, waarna ek dorp toe gery het, maar voordat ek daar aangekom het, is ek geskakel om dringend terug te keer huis toe,” vertel sy eggenote, Magrieta Adams, Bestuurder: Silwerjare Dienssentrum en Oak Grove Nasorgsentrum. “Met my aankoms tuis, was hy reeds oorlede.”

Andries is op 6 Oktober 1946 in Hawston gebore, maar was bykans sy hele lewe ‘n Gansbaaier. Hier was hy vir sowat 32 jaar ‘n visserman, “en vir die volle tydperk het hy op dieselfde boot ge-trawl,” sê Magrieta. Sedert 2005 het hy op kontrakbasis as verwer vir homself gewerk. Andries en Magrieta is 41 jaar gelede op 4 Maart 1973 in Gansbaai in die huwelik bevestig. Twee kinders is uit die huwelik gebore, Ursula (45) getroud met Ceril Natal en Andrew Adams (41). Die egpaar het ook ‘n pleegdogter, Stephany Adams (23) en in totaal het hulle 7 kleinkinders. Andries het as ‘n beskeie, maar hardwerkende gemeenskapsmens bekend gestaan. Voorheen het hy onder andere op die Direksie van Vissermanne, die Munisipale Raad en die Beheerliggaam van Herberg-aan-See gedien, asook as voorsitter van Gansbaai Primêr se Beheerraad. Andries was ‘n stigterslid van Black Leaves Rugbyklub, waar hy ook as voorsitter gedien het. Hy was ook die eerste verkose diaken van die VGK-gemeente in Blompark. “Wat my droom oor Silwerjare Dienssentrum en Oak Grove Nasorgsentrum betref, was Andries ‘n ware steunpilaar en het in alle opsigte gehelp om daardie droom te kon bewaarheid,” vertel Magrieta. Andries laat sy eggenote, Magrieta, 1 seun, 2 dogters, 1 skoonseun en 7 kleinkinders agter.

‘n Roudiens sal op Saterdag, 29 November 2014 om 09:00 aan huis van Magrieta gehou word, met ‘n tweede roudiens om 10:00 in die VGK-kerkgebou wat deur ds Dirk van Dyk gelei sal word.  

Hardus Botha

In Memoriam Andries Adams

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles