Ouma Marie 90

Ouma Marie 90

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Ouma Marie du Toit het op 1 November 2014 ‘n groot makietie gehou om haar 90ste verjaardag te vier,” vertel haar dogter, Rialet Wood, ‘n voormalige Maatskaplike Werker van Gansbaai Maatskaplike Dienste.

“Sowat 100 familie-lede en vriende het die geleentheid saam met haar gevier en volgens inligting is sy tans die langslewende vroulike Gansbaaier wat in Gansbaai gebore is.” Sy is op 1 November 1924 in Gansbaai gebore en is die oudste dogter van Andries Moolman en Maria Germishuys. In haar jong dae was sy beter bekend as Mara. Sy is in haar grootouers, Andries en Annie Moolman se legendariese hawe-huis, wat deur vele skilders geskilder is, gebore. Ouma Marie het met Gallie du Toit van die plaas Droëkloof in die Rüens in die huwelik getree. Drie seuns en een dogter is uit die huwelik gebore. Sy spog met 9 kleinkinders en 8 agterkleinkinders.

Na die afsterwe van haar eggenoot het sy vir etlike jare in Kleinmond gaan woon en daarna vir 15 jaar in die Lettie Theron Tehuis in Hermanus, waar sy ‘n bedrywige lewe gevoer het. Ouma Marie was by verskeie aktiwiteite in die Tehuis betrokke en staan daar nog steeds bekend as “Marie Pannekoek” as gevolg van pannekoeke wat sy gereeld in haar woonstel as fondsinsamelingsprojekte vir die Tehuis gebak het. Gedurende Junie 2010 het sy by haar dogter in Gansbaai kom woon en is sedert Augustus 2012 ‘n inwoner van Huis Breda in De Kelders.

“Haar gesondheid  is redelik goed, alhoewel sy nie meer so beweeglik is nie en die gehoor ook nie meer so goed is nie,” vertel Rialet. “Aanvanklik wou sy niks weet van ‘n groot partytjie nie en haar keuse was om eerder op ‘n stoel alleen langs die see te gaan sit!” Dit blyk dat die familie van heinde en verre se opgewondenheid só groot was, dat sy tog tot ‘n behoorlike partytjie ingestem het en dit sommer terdeë saam met hulle geniet het.

Hardus Botha

Ouma Marie 90

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles