Ouma Marie 90

Ouma Marie 90

Gansbaai Courant

 “Ouma Marie du Toit het op 1 November 2014 ‘n groot makietie gehou om haar 90ste verjaardag te vier,” vertel haar dogter, Rialet Wood, ‘n voormalige Maatskaplike Werker van Gansbaai Maatskaplike Dienste.

“Sowat 100 familie-lede en vriende het die geleentheid saam met haar gevier en volgens inligting is sy tans die langslewende vroulike Gansbaaier wat in Gansbaai gebore is.” Sy is op 1 November 1924 in Gansbaai gebore en is die oudste dogter van Andries Moolman en Maria Germishuys. In haar jong dae was sy beter bekend as Mara. Sy is in haar grootouers, Andries en Annie Moolman se legendariese hawe-huis, wat deur vele skilders geskilder is, gebore. Ouma Marie het met Gallie du Toit van die plaas Droëkloof in die Rüens in die huwelik getree. Drie seuns en een dogter is uit die huwelik gebore. Sy spog met 9 kleinkinders en 8 agterkleinkinders.

Na die afsterwe van haar eggenoot het sy vir etlike jare in Kleinmond gaan woon en daarna vir 15 jaar in die Lettie Theron Tehuis in Hermanus, waar sy ‘n bedrywige lewe gevoer het. Ouma Marie was by verskeie aktiwiteite in die Tehuis betrokke en staan daar nog steeds bekend as “Marie Pannekoek” as gevolg van pannekoeke wat sy gereeld in haar woonstel as fondsinsamelingsprojekte vir die Tehuis gebak het. Gedurende Junie 2010 het sy by haar dogter in Gansbaai kom woon en is sedert Augustus 2012 ‘n inwoner van Huis Breda in De Kelders.

“Haar gesondheid  is redelik goed, alhoewel sy nie meer so beweeglik is nie en die gehoor ook nie meer so goed is nie,” vertel Rialet. “Aanvanklik wou sy niks weet van ‘n groot partytjie nie en haar keuse was om eerder op ‘n stoel alleen langs die see te gaan sit!” Dit blyk dat die familie van heinde en verre se opgewondenheid só groot was, dat sy tog tot ‘n behoorlike partytjie ingestem het en dit sommer terdeë saam met hulle geniet het.

Hardus Botha

Ouma Marie 90

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles