Dankie Gansbaai Marine

Dankie Gansbaai Marine

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Marine en hulle Besturende Direkteur, André Coetzee se absolute “oophand” hierdie tyd van die jaar het al ‘n instelling geword.

Skole en Tehuise sien al na die donasies uit nog voordat hulle in kennis gestel is dat dit weer gaan gebeur - hulle kan dit al byna vooraf in hul begrotings inbring om die boeke beter te laat klop.

‘n Tyd gelede het Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes hulle R10,000 ontvang, asook ‘n verdere R10,000 ten bate van die Gansbaai Nasorgsentrum.

Silwerjare Dienssentrum het ook hul R10,000 in ontvangs geneem. Hierdie week het die res aan die beurt gekom. Hennie Ritter, rekenmeester: Gansbaai Marine het die oorhandigings waargeneem: Laerskool Gansbaai, ontvang deur Eben van der Merwe (skoolhoof) - R15,000; Gansbaai Academia, ontvang deur Tommy Wilson (skoolhoof) - R15,000; Gansbaai Primêr, ontvang deur Tommy Volkwyn (skoolhoof) - R15,000; Laerskool De Bron in Stanford, ontvang deur Carina Nicholson - R1,500; Masakhane Primary School (Mirriam Cekiso was afwesig) - R15,000; De Kleine Gansies Kleuterskool, ontvang deur Lanita Marais - R1,500.

Voorwaar ruim bydraes onder moeilike ekonomiese omstandighede en wat sekerlik nie te versmaai is nie.

Nee-wat, laat die visfabriek maar nou en dan nie té goed ruik nie, dit is normaal vir die werk wat gedoen word en Gansbaai Marine se gemeenskaps-betrokkenheid, ook op ander gebiede, maak van hulle ‘n wonderlike vennoot vir gemeenskapsbelange in Gansbaai en omgewing, asook ten opsigte van werkskepping en opleiding.

Die gelukkige ontvangers van donasies is ná die oorhandiging van die tjeks, deur Hennie vir verversings genooi, waartydens die groep ontvangers kon saamkuier en ook hul opregte dank en waardering kon uitspreek.

Hardus Botha

Dankie Gansbaai Marine

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles