Bedrywige Badisa

Bedrywige Badisa

Gansbaai Courant

Bryani hoendergeregte word op Maandag, 1 Desember 2014 (ook Wêrelddag vir Vigs) ten bate van Gansbaai Maatskaplike Dienste (Badisa) verkoop. “Hierdie brayani behoort goed met Charmaine van 7de Laan te vergelyk,” sê Dorothy van Vuuren, Gansbaai Maatskaplike Werker. Dit word met liefde deur Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes se personeel voorberei.

Die produkte word deur ‘n anonieme donateur geskenk. Kaartjies is reeds vanaf verlede Woensdag by Badisa se kantore langs die Pretoriussaal beskikbaar. Bestellings kan ook telefonies geplaas word. Die prys beloop R18 per porsie/kaartjie en die gemeenskap se ondersteuning sal opreg waardeer word.

Skoendoos-projek: Hier het die gemeenskap weer eens die geleentheid om mense in nood gedurende die Kersseisoen te ondersteun. “Ons het heelwat pleegkinders en pleegouers van wie ons bewus is, asook ander gesinne, wat so ‘n “skoenboks” gedurende die Feestyd baie sal waardeer,” sê Heidi Kruger, Administratiewe Beampte van Gansbaai Badisa. Daar is ‘n lys van items by Badisa beskikbaar waarmee die skoendose gevul kan word. Die kantoor kan ook geskakel word om die lys via e-pos te ontvang. Die gevulde skoenbokse, toegedraai in geskenkpapier en gemerk vir man, vrou, kind, ens, moet aub teen 1 Desember 2014 by Badisa se kantore besorg word.

“Bags of Love” is reeds van vertel in Gansbaai Courant. Onthou maar net daarvan en skakel vir Heidi by Badisa se kantoor oor die besonderhede. Daar is ‘n lys van items ten bedrae van R120 beskikbaar, met die spesifieke items wat by Gansbaai Superspar opgemaak sal word.  Navrae rakende enige van bogenoemde projekte kan aan Heidi Kruger by 028-384-0151 gerig word, of stuur ‘n e-pos aan haar by

adming@badisahsg.org.za.

Hardus Botha

Bedrywige Badisa

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles