Bedrywige Badisa

Bedrywige Badisa

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Bryani hoendergeregte word op Maandag, 1 Desember 2014 (ook Wêrelddag vir Vigs) ten bate van Gansbaai Maatskaplike Dienste (Badisa) verkoop. “Hierdie brayani behoort goed met Charmaine van 7de Laan te vergelyk,” sê Dorothy van Vuuren, Gansbaai Maatskaplike Werker. Dit word met liefde deur Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes se personeel voorberei.

Die produkte word deur ‘n anonieme donateur geskenk. Kaartjies is reeds vanaf verlede Woensdag by Badisa se kantore langs die Pretoriussaal beskikbaar. Bestellings kan ook telefonies geplaas word. Die prys beloop R18 per porsie/kaartjie en die gemeenskap se ondersteuning sal opreg waardeer word.

Skoendoos-projek: Hier het die gemeenskap weer eens die geleentheid om mense in nood gedurende die Kersseisoen te ondersteun. “Ons het heelwat pleegkinders en pleegouers van wie ons bewus is, asook ander gesinne, wat so ‘n “skoenboks” gedurende die Feestyd baie sal waardeer,” sê Heidi Kruger, Administratiewe Beampte van Gansbaai Badisa. Daar is ‘n lys van items by Badisa beskikbaar waarmee die skoendose gevul kan word. Die kantoor kan ook geskakel word om die lys via e-pos te ontvang. Die gevulde skoenbokse, toegedraai in geskenkpapier en gemerk vir man, vrou, kind, ens, moet aub teen 1 Desember 2014 by Badisa se kantore besorg word.

“Bags of Love” is reeds van vertel in Gansbaai Courant. Onthou maar net daarvan en skakel vir Heidi by Badisa se kantoor oor die besonderhede. Daar is ‘n lys van items ten bedrae van R120 beskikbaar, met die spesifieke items wat by Gansbaai Superspar opgemaak sal word.  Navrae rakende enige van bogenoemde projekte kan aan Heidi Kruger by 028-384-0151 gerig word, of stuur ‘n e-pos aan haar by

adming@badisahsg.org.za.

Hardus Botha

Bedrywige Badisa

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles