Gesellige Leeskring afsluiting

Gesellige Leeskring afsluiting

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Ons het vanjaar besluit op ‘n gesellige middagete by die Light House Tavern as ons Jaareindfunksie, met Dirk Laurie wat die gaste op ‘n vindingryke manier besig gehou het,” vertel Annemarie du Plessis, voorsitter van Gansbaai Leeskring.

Die groep getroue “boekwurms” het die geleentheid terdeë geniet en heerlik saamgekuier. Hierdie groep is gelukkig nie regtig net ‘n groep “boekwurms” nie, maar wel getroue lesers en besprekers van vele interessante boeke deur knap skrywers. Hulle sorg ook vir gereelde sprekers wat hul eie boek of boeke bespreek wat te alle tye op interessante en leersame wyses byeenkomste neerkom. Ons beplan ‘n veelsydige en interessante program vir 2015,” vertel Annemarie. Sy sê die volgende boeke gaan onder andere bespreek word: Die Dooies Leef deur S.D. Fourie, Die Bundels van Carine Badenhorst, A History of God deur Karen Armstrong, Americanah deur Chimamanda Ngozi Adichie, Valsrivier deur Dominique Botha en andere.

Gansbaai Leeskring se byeenkomste vind altyd op die 3de Dinsdag van die maand om 10:00 in die Biblioteek plaas. Kennis kan nou reeds van 2015 se datums geneem word: 17 Februarie, 17 Maart, 21 April, 19 Mei, 16 Junie, 21 Julie, 18 Augustus, 15 September, 20 Oktober en 17 November. Sprekers sal nader aan die spesifieke datums bekendgemaak word, aangesien dit soms gebeur dat ‘n persoon bespreek word, maar weens omstandighede nie daar kan wees nie en ‘n ander spreker moet gereël word.

Vir navrae rakende Gansbaai Leeskring, kan Annemarie by 082-486-0135 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by pvduplessis@vodamail.co.za.

Hardus Botha

Gesellige Leeskring afsluiting

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles