Verheerlik hom in alles

Verheerlik hom in alles

Gansbaai Courant

Toe Judas uit is, sê Jesus: “Nou word die Seun van die mensverheerlik, en GOD word deur Hom verheerlik.” (Joh. 13:31)

Het jy al ooit gewonder hoekom só baie dinge gebeur wat jy nie verstaan nie? Hoekom onskuldige kinders gemolesteer word en goeie mense vermoor word? Hoekom kry mense kanker en dan na baie gebede en medisyne sterf hulle in elk geval? In jou lewe gebeur daar baie dinge wat hartseer en ongeluk veroorsaak, nê?

As gelowiges wat die Bybel ken en verstaan, weet ons dat sonde die wêreld verskeur en baie pyn en ellende veroorsaak. Ons weet ook dat ons ’n baie groot aandeel het aan dinge wat met ons gebeur as gevolg van die verkeerde besluite wat ons geneem het. Tog is dit die slegte dinge wat met goeie mense gebeur wat ons die meeste kwel. Ons kan dit nie verstaan nie. Hoekom laat GOD dit dan toe?

In hierdie teksvers en gedeelte uit Johannes 13 het daar vir my ’n baie duidelike antwoord gekom. Ek hoop jy gaan dit ook ontdek. Jesus leer en onderrig vir 3 jaar al Sy dissipels met al Sy kennis en liefde moontlik. Hy leer hulle van die Vader en wys hulle hoe om te lewe soos die Vader wil hê. Tog verraai Judas vir Jesus vir ’n klein sakkie vol geld. Wat is Jesus se reaksie? Hy sien die groter prentjie. “Nou word die Seun van die mens verheerlik, en GOD word deur Hom verheerlik.”  GOD word verheerlik! Alles gaan oor GOD se heerlikheid en Sy eer! Maak nie saak wat Judas, Petrus en al die ander dissipels gedoen het nie – GOD word nog steeds verheerlik. Wat sê dit vir jou? NIKS kan GOD se heerlikheid vernietig nie! NIKS wat gebeur mag die fokus wegneem van die ware doel van ons lewe, naamlik om GOD te verheerlik nie.

As jy deur swaar en moeilike  tye gaan – ONTHOU: GOD word VERHEERLIK! Prys Hom!

“Maar wanneer iemand ly omdat hy 'n Christen is, moet hy hom nie daaroor skaam nie. Inteendeel, as draer van daardie naam moet hy GOD verheerlik.” (1Pet 4:16) 

As jou siekte nie weggaan nie – ONTHOU: VERHEERLIK GOD daaroor! Bly dankbaar!

Ons is mos nie gered van ons sonde sodat GOD ons nou meer geld, beter gesondheid of groter huise kan gee nie. ONTHOU: Ons is hier op aarde om Hom te verheerlik! Alles gaan oor Hom!

Al gaan ons ook deur ’n dal van doodskaduwee (vervolging, honger, armoede,  gevaar of swaard (Rom 8:31-39) ons moet aanhou om Hom te verheerlik!

Van nou af wil ek GOD loof en verheerlik oor alles wat gebeur. Goed of sleg. Verstaanbaar of nie. Ek gaan ophou vrae vra wat net aan GOD se Almag en Sy liefde krap. Wat meer moet ek verstaan as dat Hy Sy Seun in my plek laat sterf het sodat ek beslis deel het aan die ewige lewe? Kyk weg van jou persoonlike dinge en hou jou oë op Hom gevestig  - en Hy sal jou deur elke moontlike situasie lei sodat jy.......HOM KAN VERHEERLIK!

Verheerlik hom in alles

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles