Sport vir die Siel

Sport vir die Siel

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

SPORT VIR DIE SIEL, die RSG-radioprogram wat van jou 'n wenner kan maak, trek nou ook 'n boekbaadjie aan ...

Wie van ons sal hierdie oomblik vergeet?

SA weer op die aanval ... diep binne die kwartgebied van die All Blacks aan die oorkant van die veld ... en hulle gaan die bal kry uit die skrum ... Joost probeer optel, dan slaan hy aan ... maar dit maak nie saak nie. Dis die eindfluitjie wat blaas en Suid-Afrika is die wêreldkampioene!

Selfs al was jy nie daar nie, bly sekere sportoomblikke in jou hart sit. En dis dikwels RSG-sportkommentator, Pieter van den Berg, wat jou vertel wat op die sportveld gebeur.

Elke Maandagoggend skuins voor sesuur bied Pieter en pastoor Dave Strydom ‘Sport vir die siel’ op RSG aan. Pieter lewer ‘lewendige kommentaar’ oor sportgebeurte-nisse waarna pastoor Dave van die AGS-Primrose-Oos Gemeente in Gauteng die sportgebeurtenis aan die geestelike lewe koppel.

Pieter en Dave het nou saam met RSG en die uitgewer, NALEDI, saamgespan om 'n baie unieke publikasie vir alle sportliefhebbers en sportlui saam te stel. Sport vir die siel het ten doel om lesers te help om 'n wedstrydplan vir hul lewens saam te stel. “PAS OP!” waarsku die twee skrywers, “Hierdie boek gaan jou positief beïnvloed en jou beter laat voel oor jouself en die lewe.”

Tydens 'n spoggeleentheid in die presidentslosie by Ellispark in Johannesburg is RSG-sportkommentator, Pieter van den Berg, en pastoor Dave Strydom se boek Sport vir die Siel bekendgestel. 

Dit is baie gepas dat die bekendstelling op Ellispark gehou is, het Pieter gesê. “Dis hier waar die hele idee van die koppeling van bekende sportgebeure en die praktiese toepassing daarvan in elke Christen-mens se lewe ontstaan het.

“Die eerste program op Radio en in die boek handel juis oor die Curriebeker-eindstryd van 2011, wat verder bygedra het tot die keuse van Ellispark as plek vir die bekendstelling van die boek.” 

Eksemplare van Sport vir die siel is aan verskeie bestuurslede van die Goue Leeus oorhandig – onder andere Rudolph Straeli, die afrigtingspan van Johan Ackermann en sy regterhand Swys de Bruin. Die spelers Jaco Kriel en Jacques van Rooyen het ook Sport vir die siel-boeke in ontvangs geneem. 

Magdaleen Kruger, RSG se stasiebestuurder het die geleentheid geopen en gesê dat ‘Sport vir die Siel’ vars nuut en anders is en dat die program nog lank gehoor sal word. Johan Coetzee, uitgewer van Naledi, het in sy toespraak gesê dat Sport vir die siel die 13de boek is wat Naledi en RSG saam uitgee en die wens uitgespreek dat dit wyd inslag sal vind. 

Pastoor Dave Strydom het gesê die boek is gerig op alle sportliefhebbers in Suid-Afrika van oud tot jonk. Selfs tieners kan dit gebruik as ’n wenresep van die lewe. “Die inhoud is daar om jou positief te beïnvloed en van jou ’n wenner te maak.”

Wat kan 'n mens leer van sportlui se benadering tot hul wedstryde en die spel self en hoe kan hierdie insigte waardevol vir jou geestelike lewe wees? Volgens pastoor Dave Strydom het Jesus bekende dinge op aarde gebruik sodat mense daarmee kon assosieer en onthou, en dis presies wat hulle in Sport vir die Siel doen. “Ons neem groot sportoomblikke of gebeure en koppel dit aan die geestelike lewe. Sportgebeure wat deur Pieter herroep word strek van Mohammed Ali se ‘Rumble in the Jungle’-boksgeveg; Formule 1 kommentaar van 1965 in Oos Londen tot by die grootste krieketwedstryd ooit ... asook rugby, gholf, Olimpiese Spele tot selfs rolbal, veerpyltjies en talle meer.

Sport vir die siel bied jou:

  • Die put van inspirasie uit sportpersone se dissipline
  • Geleentheid om te leer uit hulle strategie van aanhou en uithou
  • 'n Blik op waar sportmanne se toewyding vandaan kom
  • Hoor hoekom hulle opstaan as hulle gestruikel het
  • Die insig om dit wat op die sportveld gebeur aan jou geestelike lewe te koppel

Dr Isak Burger, die president van die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika, skryf in die voorwoord van Sport vir die siel: “Die gewilde RSG-program ‘Sport vir die siel’ is vir vele 'n inspirasie en bemoediging. In boekvorm gaan nog meer mense se lewe op verskeie vlakke hierdeur verryk word.”

Sport vir die siel verskyn 1 Oktober by Naledi. Die boek sal in die handel beskikbaar wees teen R139.00 en kan direk bestel word by www.naledibooks.co.za en www.kalahari.com. Sport vir die siel sal ook as e-boek te koop wees.

Sport vir die Siel

Pieter van den Berg

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.

Grootbos Foundation
Refresh Your Home Décor This Season

Refresh Your Home Décor This Season

Ready to refresh your home this season?

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.

Coastal Hire Gansbaai
Private Airport Transfers from Gansbaai to Cape Town

Private Airport Transfers from Gansbaai to Cape Town

When it comes to airport travel, comfort, reliability and peace of mind matter. MNRJ Transport offers private airport transfers.

MNRJ Transport
Season’s Greetings from Seeff Walker Bay / Gansbaai

Season’s Greetings from Seeff Walker Bay / Gansbaai

From all of us at Seeff Walker Bay / Gansbaai, we wish our valued clients a festive season!

See All Articles