Hengelnuus 27 November '14

Hengelnuus 27 November '14

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Wanneer jy vieruur die oggend see toe gaan, die wind reg skyn te wees, jou bemanning is oorgehaal en jou aas is topdollies is dit seker nie onredelik om te verwag dat jy darem ‘n kabeljoutjie gaan raakloop nie. Bowendien lyk die water ook reg. So werk dit toe ook nie! ‘n Maat van my is onder hierdie omstandighede Holbaai toe en ek het by  die huis gebly om aan die Landy te werk. Bitterbek want, het ek gedink, vandag is die dag dat die kabeljou gaan gesig wys. Al wat hulle toe kon wys vir al daardie goeie bedoelings was ‘n paar romanne en hotties  --  en sê hy, die water was nogal grof.

Dis darem nie te sê dat daar  ander manne was  net so sleg gevaar het nie. Die amperbootjies wys gereeld hulle slag en vaar natuurlik ook baie beter. Dit moet egter in ag geneem word dat hierdie manne die ekstra myl loop en amper elke dag, maar beslis elke week daar is, weet waar om te vang en die kuns al vervolmaak het om die kabeljou op die regte gaatjies voor te lê. Bowendien is dit nie net vir ‘n sekere hoek aansit, ‘n stuk aas te hang en agteroorsit nie! Daar is ‘n tegniek wat hierdie amperbootjie- manne reg toepas en die resultate daarvan geniet.

Daar is iets wat nog nooit vir my sin gemaak het nie. Ek is die ander dag uit in omstandighede wat heel aanvaarbaar was vir die normale bankvisse .Nadat ons op ‘n paar gereelde plekke gaan lê het en nie eers’n byt gehad het nie het ons begin soek vir redes daarvoor. Die watertemperatuur was ‘n redelik lae 12 grade en die water koud a.g.v. ‘n oostewind  --  nie van die beste winde nie. Boonop was daar ‘n ligte stroom. Genoeg redes? Waarom byt die vis dan toe behoorlik net op hierdie een plekkie (die riwwe lyk dieselfde)  -- en sommer behoorlik? Daar is nog baie te leer.

Opsomming DESEMBER 1999-2013

1999. Kreef, hotties, roman, geelbek, haai, klein snoekies, PW’s.

2000. Kreef, silwervis, Heelwat mooi geelbekke.

2001. Hotties, baie geelbek.

2002. Klein snoekies. Hotties, roman, geelbek, tjokka.

2003. Tjokka, kreef, geelbek, roman, *ander bote vang deurnag goed.

2004. Geelbek, kabeljou, heelwat tjokka, krewe.

2005. Kreef, hotties, 1 ooskuskreef!, roman.

2006. Kreef, hotties, snoek.

2007. Hotties, kreef, roman.

2008. Hotties, roman, kreef, 1 kabeljou!

2009. Mooi hotties. Roman, kreef, klein snoekies. Ons vang ook 2 kabeljoue wat pryse wen in komp. Kry ook ‘n prys vir roman, hotties. Paar geelbekkies.

2010. Hotties, roman, snoekies, silwervis, kreef.

2011. Roman, hotties, klein snoekies, kabeljoutjies, 5 rooisteenbrasse  --  ondermaat, mooi kolsterte, mooi geelbekke.

2012. Baie hotties, kreef. 1 kabeljoutjie!, roman, mooi oulywe.

2013. Hotties, paar snoekies. Roman, 1 kabeljou!

Groete, Seemeeu

Hengelnuus 27 November '14

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles