Watersuiwering vir BBos

Watersuiwering vir BBos

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Die beplanning van hierdie projek het ‘n hele paar jaar gelede reeds begin, om te verseker dat daar genoeg drinkwater van goeie gehalte vir die inwoners van Baardskeerdersbos vir die toekoms van hierdie juweeltjie in die Overstrand beskikbaar is,” het rdv Nicolette Botha-Guthrie, Overstrandse Uitvoerende Burge-meester, tydens die amptelike ingebruikstelling van Baardskeerdersbos se Watersuiweringswerke gesê. “Die projek is oor ‘n periode van 16 maande voltooi, teen ‘n totale koste van R7 miljoen, wat in geheel deur die Overstrandse Munisipaliteit gedra is.”

Onder die gaste teenwoordig op 27 November 2014, was onder andere raadslede, die Munisipale Bestuurder, direkteure, lede van die projekspan, lede van die Baard-skeerdersbos Belastingbetalers-vereniging en Leiwaterkomitee, mnr Kat Myburgh, Areabestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie en munisipale amptenare. Rdv Botha-Guthrie het ook gesê met die voltooiing van die projek, wat die ontwikkeling van boorgate ingesluit het, is Baardskeerdersbos nou minder vatbaar vir die risiko van droogtes as voorheen toe die dorp in geheel van die Boskloof-stroom vir water-behoeftes afhanklik was. Die nuwe Watersuiweringswerke is die derde membraan-aanleg in die Overstrand area, naas Pearly Beach en De Kelders en al drie val binne die Gansbaai-administrasie se gebied. Die operasionele personeel beskik dus reeds oor deeglike ervaring van hierdie tipe stelsels.

Water word reeds sedert Julie vanjaar deur die nuwe suiweringsaanleg geproduseer en voldoen aan die streng vereistes van die Departement van Waterwese en Bosbou se “Blou Druppel” standaarde. Sowat 39 mense vanuit die omgewing het tydens die konstruksie by werkskeppingsgeleenthede baat gevind.

Die Burgemeester het bevestig dat die Overstrandse Munisipaliteit en sy personeel alles in die stryd sal werp om te verseker dat die “Blou Druppel” status in die toekoms by die Nasionale Departement van Water en Sanitasie verwerf sal word. “Hierdie uitdagende projek is, danksy die toewyding en kundigheid van die projek-span, suksesvol afgehandel en ons is baie trots op die finale produk, asook die wyse waarop dit inpas in die pragtige landelike omgewing van Baardskeerdersbos,” het rdv Botha-Guthrie gesê. Me Helena Swart het ook namens die Baardskeerdersbos Inwonersvereniging hul opregte dank en waardering tydens die openingsgeleentheid uitgespreek. Gansbaai se Areabestuurder, mnr Kat Myburgh, het tydens die geleentheid sy waardering uitgespreek vir die enorme verbetering van drinkwater kwaliteit aan die inwoners van Baardskeerdersbos. Hy kon homself herinner aan die gehalte van die drinkwater wat vir die eerste keer in 2004 in 'n pypleiding aan inwoners van Baardskeerdersbos voorsien is. Die inwoners was opgewonde en het groot waardering gehad vir die "bruin" water wat hulle uit ‘n kraan kon tap. “Vandag kan hulle spog met drinkwater wat aan bloudruppel standaarde voldoen,” het hy gesê.                                                              

Hardus Botha

Watersuiwering vir BBos

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles