DA wen met 74.95%

DA wen met 74.95%

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die DA het die onlangse tussen-verkiesing op 26 November 2014 vir Wyk 2 met 1,475 stemme teenoor die ANC se 493 stemme gewen, wat op ‘n oorwinning van 74.95% te staan kom.

Die tussenverkiesing is gehou ná die bedanking van rdh Pieter Scholtz. Die nuwe raadslid, wat as kandidaat vir die DA gestaan het, is Riana de Coning, wat reeds sedert 2011 by die Gansbaai-tak van die DA betrokke is. “Hiermee ‘n hartlike woord van dank aan al die kiesers van Wyk 2, naamlik De Kelders, Perlemoenbaai, Gansbaai-dorp en Blompark vir die stem wat julle in die tussenverkiesing uitgebring het,” sê Riana. “Die DA het ‘n goeie oorwinning behaal, maar wat kommerwekkend is, is die lae stempersentasie van slegs 58%.”

Riana sê hulle is bewus daarvan dat daar onsekerheid rakende registrasie van kiesers bestaan het, asook kiesers wat in ander wyke geregistreer was, maar wel in Wyk 2 woon. “Hierdie saak gaan beslis reggestel word voor die 2016 munisipale verkiesing,” sê sy. “Die lae stempersentasie bly egter steeds ‘n bron van kommer, aangesien slegs die helfte van die kiesers in Wyk 2 hul stemme uitgebring het, met die res wat dus nie hul demokratiese reg om seggenskap in hul wyk uit te oefen nie, gebruik het nie.” Riana en haar DA-span doen ‘n ernstige beroep op alle kiesers om te verseker dat hulle na die volgende sal omsien: Kiesers moet geregistreer wees in die wyk waarin hulle woon; Moeite moet gedoen word om tydens die volgende verkiesing (2016) hul stemme uit te bring; SMS ID-nommers na 32810 om dadelik ingelig te word oor waar jy geregistreer is.

“Hiermee wil ek vir almal wat in Wyk 2 woon, die versekering gee dat ek hulle belange sal dien en hulle sal verteenwoordig, ongeag van wat hulle politieke affiliasies is, maar ons moet as ‘n gemeenskap saamstaan en saamwerk om die gemeenskaplike doel van ‘n ‘beter lewe vir almal’ te bereik,” sê Riana.

Sy kan by 083-597-2781 of 028-388-0788 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan haar by rdc@axxess.co.za.

Hardus Botha

DA wen met 74.95%

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles