Hiermee wil ons groot dankie sê aan Chris en Petra van Rensburg van OK Foods Gansbaai vir al hulle ondersteuning en hulp met Gansbaai Academia se Gr.12 Afrikaans Drama Groep.
Die groep het ‘n fondsinsameling verlede Saterdag, 29 November, gehou en sonder hulle sou niks moontlik gewees het nie. Dankie aan almal wat die dag ‘n reuse sukses gemaak het; Oom Pietie in die slaghuis, OK Bakkery, Christiaan met die gas en heerlike pannekoeke van Mev Fortuin (graadhoof) asook die finansies, Mev Mona Matthews, ons werwings agent en sjef en Lizandra King as sjef. ‘n Spesiale groot dankie aan die Van Rensburgs vir die stalletjie.
Jack Swart, hoofseun Gansbaai Academia