Gansbaai Marine Tevrede personeel

Gansbaai Marine kan gewis spog met tevrede personeel. Jaarliks word 10- en 25-jaar geraamde dienssertifikate uitgereik en jaarliks is dit ‘n groot groepfoto wat geneem word. Gelukkige en tevrede personeellede kan sonder twyfel aan vele diensjare gekoppel word.

Vanjaar is daar weer 11 wat hul 10-jaar dienssertifikate ontvang het en 4 wat hul 25-jaar dienssertifikate ontvang het. Dit bevestig die stelling van gelukkige en tevrede personeel.

Die 25-jariges is: Jane Tobias, Jantjie Wildshutte, Marlene Gertse en William van der Raath.

Die 10-jariges is: Chrismine Baartman, Conrad Presslin, Elizabeth Martin, Jakobus Davids, Kerlina Booysen, Michelle Tobias (afwesig met foto), Mlungiseni Gobikatshi, Nettie Kapot, Niklaas Stuurman, Sharon Phillips (afwesig met foto) en Velemva Mqhwayi.

Ná die gebruiklike oorhandiging van langdienssertifikate is die groep getroue werknemers met verversings bederf, waarna hulle weer met hul daaglikse werk voortgegaan het, hopelik vir ‘n verdere 10 jaar en 25 jaar.

Hardus Botha

 ‘n Deel van Gansbaai Marine se personeellede wat trots hulle langdienssertifikate vertoon (Foto: Hennie Ritter )