Profiel Gallie Vermeulen

Profiel Gallie Vermeulen

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gabriël Petrus Vermeulen (80), beter bekend as Gallie, is op 4 Februarie 1934 in Gansbaai gebore. Sy vader en moeder was Danie en Baby Vermeulen wat ook die “Spreeugate” gedurende die veertigerjare self gebou het, waar Crazee Store vandag is.

Gallie vertel dat hy met die bouwerk gehelp het en dat dit die eerste dubbelverdieping-gebou in Gansbaai was, met sy pa wat die destydse “Maré-Dané” as Algemene Handelaar bedryf het. Die kompleks is later in woonstelle omskep. Gallie het op die plaas “Strandskloof” grootgeword en in Uilenkraalsmond skoolgegaan. Die enigste onderwyser was ‘n ene Louis Fourie, wat ook die eerste huis destyds in Franskraal besit het.

“Ek onthou hoe ons kaalvoet oor die berg vanaf Strandskloof skool toe gestap het en ook gereeld harders getrek het,” vertel Gallie. Hy is die enigste oorlewende uit ‘n totaal van 3 dogters en 6 seuns. Sy broer, wyle Jan Vermeulen, het die destydse kafeetjie, die “Ting-Tong”, ook in die “Spreeugate”, bedryf en Gallie vertel dat dit ‘n baie gewilde kuierplek vir jongmense was.

Gallie is met Petro getroud en het drie seuns uit sy eerste huwelik: Danie (53), eienaar van die bekende “Biltong & Nut Corner” by Gansbaai Superspar se ingang; Francois (51), ‘n besigheidsman van Robertson; Gerhard (49), ‘n besigheidsman van Graafwater. In totaal spog Gallie met 7 kleinkinders en 4 agterkleinkinders.

Gallie se beroepslewe het as Bosbouer vir sowat ‘n jaar lank begin, waarna hy vir ‘n paar maande in Saldanha “ge-trawl” het. In 1952 aanvaar hy diens by die destydse Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens waar hy vir 28 jaar werk, tot en met sy aftrede in 1980.

Sedertdien is hy terug in Gansbaai waar hy rustig vir die afgelope 34 jaar woon. Die 80-jarige Gallie verkeer steeds in goeie gesondheid en is nog net so lief om self in sy mooi tuin te werk en ook self die gras te sny.

Hardus Botha

Profiel Gallie Vermeulen

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles