Flower Valley Voorskool gereed vir 2015

Flower Valley Voorskool gereed vir 2015

Gansbaai Courant

 “Die Flower Valley Voorskool is nou weer oop vir kinders om die skool in 2015 te kom bywoon,” vertel Heather Dalton van Flower Valley Trust. Die bekende voorskool op Flower Valley se gronde staan bekend as die Flower Valley Early Learning Centre en versorg en onderrig kinders tussen die ouderdom van 2-6 jaar. Kennis kan geneem word dat ouers hul kinders op Dinsdag, 9 Desember en Woensdag, 10 Desember by Gansbaai Biblioteek kan inskryf. Verteenwoordigers om vrae te beantwoord sal ook op die twee dae tussen 14:00 en 17:00 beskikbaar wees.

“Die voorskool is op Flower Valley Plaas, net buite Gansbaai en ‘n daaglikse busdiens vir kinders vanaf Gansbaai na die skool en terug is beskikbaar,” sê Heather. Die skool bied ‘n omgewings-gebaseerde onderrig aan die kinders, insluitend die geleentheid om in die groentetuin te leer en te speel, terwyl ligte maaltye ingesluit is. Die skool is ook vir die afgelope 7 jaar ‘n lid van die Eko-Skole Program. Ander temas waarop daar gefokus word, is: wie is ek, ek groei, gesond eet, my familie en vriende en diere al om my.

Tans is daar klassies vir twee- tot vierjariges, asook ‘n Graad R klas. Heather sê die skool bestaan al sedert 1999 en word deur die nie-winsgewende Flower Valley Conservation Trust ondersteun. Flower Valley werk ook met vyf ander voorskole in die omgewing en wel deur die Flower Valley Early Childhood Development Programme. Hierdie program ondersteun skole om goeie standaarde te bereik en ook te handhaaf. Sy sê om kinders in te skryf, word die volgende benodig: ‘n afskrif van die leerder se geboortesertifikaat; ‘n afskrif van die leerder se kliniekkaart; ‘n afskrif van die ouer/s se salarisstrokie. Verteenwoordigers sal tussen 14:00 - 17:00 op 9 en 10 Desember by Gansbaai Biblioteek beskikbaar wees vir enige vrae, asook vir die inskrywing van kinders. Kennis kan ook geneem word dat die skool ‘n musiekvertoning vir ouers en besoekers op Vrydag, 5 Desember in die Blompark Gemeenskapsaal tussen 18:00 en 19:00 aanbied.

Navrae kan aan 076-530-1813, 083-204-2252 of 028-388-0713 gerig word, of stuur ‘n e-pos aan elc@flowervalley.co.za gestuur word.

Hardus Botha

Flower Valley Voorskool gereed vir 2015

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles