Flower Valley Voorskool gereed vir 2015

Flower Valley Voorskool gereed vir 2015

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Die Flower Valley Voorskool is nou weer oop vir kinders om die skool in 2015 te kom bywoon,” vertel Heather Dalton van Flower Valley Trust. Die bekende voorskool op Flower Valley se gronde staan bekend as die Flower Valley Early Learning Centre en versorg en onderrig kinders tussen die ouderdom van 2-6 jaar. Kennis kan geneem word dat ouers hul kinders op Dinsdag, 9 Desember en Woensdag, 10 Desember by Gansbaai Biblioteek kan inskryf. Verteenwoordigers om vrae te beantwoord sal ook op die twee dae tussen 14:00 en 17:00 beskikbaar wees.

“Die voorskool is op Flower Valley Plaas, net buite Gansbaai en ‘n daaglikse busdiens vir kinders vanaf Gansbaai na die skool en terug is beskikbaar,” sê Heather. Die skool bied ‘n omgewings-gebaseerde onderrig aan die kinders, insluitend die geleentheid om in die groentetuin te leer en te speel, terwyl ligte maaltye ingesluit is. Die skool is ook vir die afgelope 7 jaar ‘n lid van die Eko-Skole Program. Ander temas waarop daar gefokus word, is: wie is ek, ek groei, gesond eet, my familie en vriende en diere al om my.

Tans is daar klassies vir twee- tot vierjariges, asook ‘n Graad R klas. Heather sê die skool bestaan al sedert 1999 en word deur die nie-winsgewende Flower Valley Conservation Trust ondersteun. Flower Valley werk ook met vyf ander voorskole in die omgewing en wel deur die Flower Valley Early Childhood Development Programme. Hierdie program ondersteun skole om goeie standaarde te bereik en ook te handhaaf. Sy sê om kinders in te skryf, word die volgende benodig: ‘n afskrif van die leerder se geboortesertifikaat; ‘n afskrif van die leerder se kliniekkaart; ‘n afskrif van die ouer/s se salarisstrokie. Verteenwoordigers sal tussen 14:00 - 17:00 op 9 en 10 Desember by Gansbaai Biblioteek beskikbaar wees vir enige vrae, asook vir die inskrywing van kinders. Kennis kan ook geneem word dat die skool ‘n musiekvertoning vir ouers en besoekers op Vrydag, 5 Desember in die Blompark Gemeenskapsaal tussen 18:00 en 19:00 aanbied.

Navrae kan aan 076-530-1813, 083-204-2252 of 028-388-0713 gerig word, of stuur ‘n e-pos aan elc@flowervalley.co.za gestuur word.

Hardus Botha

Flower Valley Voorskool gereed vir 2015

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles