Gansbaai Fotografieklub se laaste byeenkoms vir 2014 is deur uitstekende foto’s, wat hulle monochroom-tema verteenwoordig het, gekenmerk. Marc du Plessis van die klub sê hy is baie tevrede met die uitstekende foto’s wat vertoon is.
“Although this theme lends itself to be visually quite easy, selecting the right images to alter to monochrome needs a trained eye and an understanding of the dynamics of monochrome,” het Marc gesê. “Essentially you will look for composition of the image, textures in the image and contrasts in the same image.”
Soos alle organisasies en instansies, gaan Gansbaai Fotografieklub nou ook “op reses”, om volgende jaar weer die fotografiese wiele aan die rol te sit. Dan het Riaan Jacobs, nuutverkose voorsitter van die klub, bevestig dat die Bestuur besluit het om gebruik te maak van Gansbaai Toerisme se aanbod dat die beskikbare uitstal-spasie benut kan word.
“Hierdie besluit kan meebring dat gereelde en uitstekende foto’s van ons klublede in Gansbaai Toerisme uitgestal sal word,” sê Riaan. Te oordeel aan die gehalte en kwaliteit van klublede se foto’s wat al vertoon is, sal ‘n besoek aan so ‘n uitstalling beslis die moeite werd wees.
Vir navrae rakende Gansbaai Fotografieklub kan Riaan by 082-373-8270 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan hom by aejacobs@telkomsa.net.
Hardus Botha