Die wonderwerk van Josef se geloof

Die wonderwerk van Josef se geloof

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Hier volg nou die geskiedenis van die geboorte van Jesus Christus. Toe sy moeder Maria nog aan Josef verloof was, het dit geblyk dat sy swanger is sonder dat hulle gemeenskap gehad het. Die swangerskap het van die Heilige Gees gekom. Haar verloofde, Josef, wat aan die wet van Moses getrou was maar haar tog nie in die openbaar tot skande wou maak nie, het hom voorgeneem om die verlowing stilweg te verbreek. (Mat 1:18,19)

Reg aan die begin van die Nuwe Testament, met die optekening van die geboorte van Jesus Christus, kom daar ’n merkwaardige stukkie geloof na vore wat ons baie keer miskyk. Ek verwys hier na die feit dat Josef, toe hy agterkom dat Maria swanger is, dadelik moes besef het: hier kom ’n ding! Dit was een van die grootste skandes van hulle tyd as ’n meisie swanger geword het buite die beskerming van die huwelik. Só ’n meisie is dan ook summier voor die oudstes gedaag en sy is dan gestenig. Die skande is ook op haar hele familie oorgedra en hulle is verstoot.

Josef kon haar dadelik verwerp het en net weggestap het. Twee dinge gebeur egter: Hy het eers gedink om stilweg die verlowing te verbreek, maar GOD stuur ’n engel om aan hom die situasie te verduidelik – die swangerskap is van die Heilige Gees! Hier is die wonderwerk: Josef moes darem ’n baie gróót geloof en vertroue in GOD gehad het om hierdie storie van die engel te glo en daaraan gehoorsaam te wees. Verder moes hy  dan ook die beste van Maria, sy verloofde bly glo het om dan ook haar dadelik as sy vrou te neem en met haar te trou.

Wat leer ons uit hierdie baie bekende stukkie geskiedenis? Eerstens dink ek dat ’n mens nie sommer dadelik die slegste van iemand moet dink as jy gehoor het wat hulle oorgekom het nie. Agter die storie is daar dikwels ’n baie goeie verduideliking. Gaan eers eenkant toe, slaap daaroor – iewers kom daar ’n verduideliking wat die saak beter belig. Tweedens moet jy nooit twyfel aan GOD se wonderwerkende krag deur dinge wat gebeur nie. Soos Josef kan ons maar gerus glo in GOD se hand in ons lewe – al lyk dinge nou deurmekaar kan GOD gou weer ’n lig laat deurbreek.  Derdens dink ek dit vra ’n totale gehoorsaamheid van elkeen van ons om te doen wat GOD van ons vra, hetsy deur Sy Woord te gehoorsaam, of die stem van die Heilige Gees in jou lewe te erken en te weet wat GOD wil sê.

Kom ons probeer almal om hierdie Kerstyd die beste in mekaar raak te sien en te glo GOD is besig om deur ons almal te werk. Jesus se koms na hierdie deurmekaar wêreld is beslis die grootste wonderwerk van alle tye!

Die wonderwerk van Josef se geloof

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Simple Beauty in Bloom

Simple Beauty in Bloom

Our nature shot is of Petalacte coronata, which was photographed by our conservation team this week.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary.

Gansbaai Tourism
Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Since April 2026, Combined Engineering Solutions (CES) has been hard at work on an ongoing renovation project for an existing home...

Beautiful Baskets Now in Store

Beautiful Baskets Now in Store

At Koekeloer Gift Shop, you’ll find a stunning selection of beautifully crafted baskets ready to suit any need.

Tennisnuus - Wilson Cavaliers Junior

Tennisnuus - Wilson Cavaliers Junior

Baie geluk, ons is ongelooflik trots op julle!

Laerskool Gansbaai
The Courage to Be Yourself

The Courage to Be Yourself

In a world that rewards conformity, it takes courage to remain yourself.

See All Articles