Rolbal Nuus 27 November '14

Rolbal Nuus 27 November '14

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Eerskomende Vrydag en Saterdag gaan dit die ene bedrywigheid by Franskraal Rolbal Klub wees wanneer ons, ons dertiende Walvis Classic, geborg deur Superspar, aanbied.  Hierdie toernooi is dan ook die hoogtepunt op ons rolbal kalender.  Ses en twintig spanne vanuit die Westelike Provinsie, Boland en, onder andere, van so ver as Jan Kempdorp en Darling,  gaan meeding om as wenners van die gesogte trofee gekroon te word. Vier spanne van Franskraal neem ook deel.

Heelwat provinsiale spelers gaan ook deelneem en rolbal van hoogstaande gehalte word verwag.  Na die eerste rondte, waar spanne geloot word om teen mekaar te speel, gaan alle wedstryde op ʼn sterk teen sterk basis beslis word.  Dit sal verseker dat die wenners na twee dae se spel, slegs teen die beste spanne sou gespeel het.  Die wenners sal dus eers met die laaste wedstryde op Saterdag bepaal word, wat Intense mededinging tot aan die einde sal verseker. 

Vermoeiende werk, is agter die skerms, deur ons baie gewillige en hardwerkende lede gedoen. Hierdie kompetisie sou nie sonder hulle toewyding aangebied kon word nie.  Ons is baie trots op al hierdie lede.  Belangstellendes is welkom om deur die loop van Vrydag en Saterdag te kom inloer by Franskraal Rolbalklub om te kom kyk na die spel. ʼn Wonderlike tyd word al ons besoekers in die pragtige Gansbaai en omgewing toegewens.  Mag julle, na julle besoek aan ons, net goeie herinneringe met julle saamneem en ons gou weer vereer met ʼn besoek.

Ons is reeds hard besig met beplanning vir die Besigheidsliga wat op Woensdag 4 Februarie 2015 ʼn aanvang neem.  Eersdaags sal inskrywingsvorms en inligtingstukke by besighede en ander instansies, afgelewer word.  Let asseblief daarop dat dit nie net besighede is wat hieraan mag deelneem nie. Skole, sportklubs en ander belangstellendes kan almal hiervoor inskryf.  Alle deelnemers sal deur ons klubspelers bygestaan word indien hulle hulp en afrigting verlang.  Hierdie is voorwaar groot pret en ons moedig u aan om te kom deel in die wonderlike atmosfeer wat op die baan heers.  Ons, as klub, sien daarna uit om u te ontmoet en te verwelkom.

Vir meer inligting oor hoe om deel van hierdie pret te word, kan u gerus vir Jane de Villiers by 076 126 2956, Marius de Witt by 082 926 0892 of vir Philip Malherbe by 082 920 2941 skakel.

Rolbal groete tot volgende keer. 

Philip Malherbe

Rolbal Nuus 27 November '14

Philip Malherbe

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Simple Beauty in Bloom

Simple Beauty in Bloom

Our nature shot is of Petalacte coronata, which was photographed by our conservation team this week.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary.

Gansbaai Tourism
Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Since April 2026, Combined Engineering Solutions (CES) has been hard at work on an ongoing renovation project for an existing home...

Beautiful Baskets Now in Store

Beautiful Baskets Now in Store

At Koekeloer Gift Shop, you’ll find a stunning selection of beautifully crafted baskets ready to suit any need.

Tennisnuus - Wilson Cavaliers Junior

Tennisnuus - Wilson Cavaliers Junior

Baie geluk, ons is ongelooflik trots op julle!

Laerskool Gansbaai
The Courage to Be Yourself

The Courage to Be Yourself

In a world that rewards conformity, it takes courage to remain yourself.

See All Articles