Overberg Boothengelklub se 30ste

Overberg Boothengelklub se 30ste

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Overberg Boothengelklub vier vanjaar hul 30ste verjaardag. Gedurende die afgelope naweek het hulle Algemene Jaarvergadering plaasgevind, asook hulle Jaareindfunksie. Die nuwe komitee vir volgende jaar is verkies, met DP Burger as voorsitter.

Die ondervoorsitter vir 2015, Stephen Ashlin, is bedank vir sy getroue werk as voorsitter gedurende die afgelope jaar. Die Jaarverslag verwys daarna dat die jaar se hengeldae nie so gereeld kon plaasvind soos op die kalender aangedui is nie, maar weersomstandighede speel maar altyd ‘n groot rol.

Die hengeldae wat wel plaasgevind het, het gelukkig vir goeie kompetisie tussen die manne, juniors en dames gesorg. Na afloop van die prysuitdelings is daar gesellig tot sommer baie laat saamgekuier. Dan het Charl du Plessis ook gedurende die aand sy Erelidmaatskap ontvang vir vele jare se deelname en betrokkenheid by die bootklub.

Die trotse wenners wat vir 2014 uit die stryd getree het, is: Wayne Middleton (Hottentot), Jacques Luff (Knorhaan), Lukas Holtshauzen en Johan van Zyl (Rooi Roman), Christof Dahl (Jnr) (Silwervis), Gert du Plessis (Kabeljou), Divan Burger (Jnr) (Geelbek), Amanda van Staden (Rooistompneus) wat ook ‘n WP-rekord is en Anton Kriel (Witsteenbras), ook ‘n WP-rekord.

Die prestasie as Top-boot in die klub, asook die Suid-liga, behoort aan Kingfisher met Skipper DP Burger. Die Top Junior Hengelaar vir 2014 is Divan Burger en die Top Hengelaar in die Suid-liga vir Overberg Boothengelklub is Amanda van Staden.

Die trotse Top Hengelaar vir 2014, asook Sportman van die Jaar is Stephen Ashlin, met Amanda van Staden as die Sportvrou van die Jaar.

“Geniet die kreeftrek, en onthou dit is net 16 Desember, dan weer die 20ste tot die 2de Januarie 2015 en dan weer Paasnaweek,” is die boodskap wat oorgedra is.

Hardus Botha

Overberg Boothengelklub se 30ste

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles