Die algemene jaarvergadering van die Pearly Beach Bewarea vind op Woensdag 17 Desember 2014 om 10:00 in die NG Kerk in Pearly Beach plaas. Dit is die een geleentheid in die jaar waar lede en besoekers kans kry om mekaar beter te leer ken, meer van die Bewarea en sy aktiwiteite te wete te kom, en om voorstelle en insette in die werksaamhede van die Bewarea op die tafel te plaas. Die verslag van die voorsitter, asook die finansiële verslag, sal voorgelê word en die vasstelling van ledegeld, asook die verkiesing van die bestuurskomitee sal behandel word. En dan soos gebruiklik, is ‘n gasspreker uitgenooi om die vergadering toe te spreek. Vanjaar sal dit Ernst van Jaarsveld, die fynboskenner van Kirstenbosch wees. Alle belangstellendes word hiermee uitgenooi om die vergadering by te woon.
The annual general meeting of the Pearly Beach Conservancy will take place on Wednesday 17 December 2014 at 10:00 in the NG Church in Pearly Beach. This is the one event of the year where members and visitors can get to know each other better, can learn more about the Conservancy and its activities, and can submit proposals and inputs on how the Conservancy can improve its operations. Die chair’s report and financial report will be tabled, the membership fees need to be determined and the election of the management committee will be dealt with. And then, as usual, a guest speaker has been invited to address the meeting. This year it will be Ernst van Jaarsveld, the fynbos fundi of Kirstenbosch. All interested parties are invited to attend.
Vir meer inligting, kontak asb vir / For more information, please contact:
Beatrice Bollman - tel 028 381 9657