Besoekersgetalle lyk belowend

Besoekersgetalle lyk belowend

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Te oordeel aan enkele navrae wat deur Gansbaai Courant gerig is, wil dit voorkom asof besoekersgetalle vir die Feesseisoen belowend lyk. “Gansbaai Karavaanpark het vanjaar die hoogste besprekingsgetal vir die afgelope ±3 jaar,” sê mnr Kat Myburgh, Areabestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie.

Norman Stevens is die nuutaangestelde Bestuurder van die karavaanpark, nadat Charlie Nowers onlangs ná vele jare se getroue diens afgetree het. Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme, het laat weet dat veral die selfsorgeenhede (lede van Gansbaai Toerisme) baie vol vanaf 18 Desember tot in Januarie bespreek is, maar by die B&B’s en Gastehuise is daar nog plekke beskikbaar. “Dit blyk dat besoekers vanjaar bietjie langer vakansie hier hou, ten minste ‘n week of twee, terwyl ons verlede jaar gevind het dat dit hoofsaaklik net oor Kersfees of oor Nuwejaar die geval was,” sê sy. “Maar ons ontvang daagliks steeds versoeke vir akkommodasie en dit wil lyk asof mense eerder in families kom vakansie hou.” Sy sê heelwat navrae deur meer as een familie (met honde) wat huise soek om te huur, word ontvang en dan ook so na as moontlik aan die see. “Ons het gevind dat mense vooraf navrae rig oor aktiwiteite in die area, maar in hierdie verband kon ons vele inligting verskaf.” Johan Botha, Bestuurder: Uilenkraalsmond Vakansie-oord, sê dat hy meer as tevrede is met vanjaar se besprekings en dat die oord reeds vol bespreek is.

“Mense bly ook vanjaar vir langer tydperke as verlede jaar,” sê hy. Strandskloof Karavaanpark se eienaars, Tot en Isabel Fourie, is ook baie tevrede met vakansie-besprekings wat beter is as verlede jaar. Hulle het ook bevestig dat mense langer bly en daar is ook meer “agtermekaar”-besprekings per plot. “Ek het alreeds ‘n lang waglys van mense waarvoor ek nie plek het nie en is bykans drie-kwart vol bespreek vir volgende jaar ook,” vertel Tot. ‘n Belowende en ekonomiese Feesseisoen wag dus hopelik op Gansbaai se onderskeie sakelui.

Hardus Botha

Besoekersgetalle lyk belowend

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles