Dries se RSG Drama

Dries se RSG Drama

Gansbaai Courant

“Ek is dankbaar dat ek vir die tweede jaar onder die eerste tien uit ‘n 100 plus inskrywings vir RSG se Drama-kompetisie geëindig het,” vertel Dries van Heerden van Franskraal. “Alhoewel ek vanjaar weer onder die eerste tien geëindig het en nie onder die eerste drie nie, het RSG besluit om wel my 2014-drama uit te saai.”

Hierdie groot gebeurtenis vir Dries en sy eggenote, Susan, vind volgende Donderdag, 18 Desember 2014 om 20:00 plaas. Skakel gerus in op RSG en luister na Dries se “Offer van die Seegod”. In kort handel die drama oor die verhoudingsdilemma van ‘n gesin binne die raamwerk van perlemoensmokkelary. “Die keuse tussen moet ek of moet ek nie, asook die spanning van só ‘n keuse en die gevolge daarvan.”

Dries se mentor was Eben Cruywagen en die regisseur van die uitsending is Joanie Combrinck. “Perlemoensmokkelary is welliswaar al ‘n gevestigde onderwerp om oor te skryf, maar Dries se drama het ‘n interessante kinkel,” het Kobus Burger, Uitvoerende Hoof: RSG Radio Drama gesê.

Dries sê dit is harde werk en hy het sowat 8 maande aan hierdie drama gewerk. “Dit is skryf, instuur, herskryf, instuur en herskryf…” Hy sê dat veral die navorsing was baie moeilik, aangesien die samewerking ten opsigte van gesprekvoeringe byna nul is en dit moeilik is om relevante inligting te bekom.

Die egpaar beplan ‘n gesellige aandjie vir die luister van die drama. Hulle noem dit ‘n “Kuns, Kultuur en Kuieraand” en daar sal spasie vir sowat 20 gaste wees wat wil kom saamkuier, terwyl Eddie Barnard se “One Man Band” en sy Perlemoenliedjie ook teen woordig sal wees.

“Ons beplan ook ‘n kunsuitstalling vir 19 tot 22 Desember vanaf 10:00 soggens en ons noem dit die Skildertuin-Tee en almal is welkom om te kom inloer,” sê Susan.

Vir navrae en/of besprekings vir die 18de, of navrae oor die kunsuitstalling, kan die egpaar by 082-823-4872 geskakel word.    

Hardus Botha

Dries se RSG Drama

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles