Dries se RSG Drama

Dries se RSG Drama

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Ek is dankbaar dat ek vir die tweede jaar onder die eerste tien uit ‘n 100 plus inskrywings vir RSG se Drama-kompetisie geëindig het,” vertel Dries van Heerden van Franskraal. “Alhoewel ek vanjaar weer onder die eerste tien geëindig het en nie onder die eerste drie nie, het RSG besluit om wel my 2014-drama uit te saai.”

Hierdie groot gebeurtenis vir Dries en sy eggenote, Susan, vind volgende Donderdag, 18 Desember 2014 om 20:00 plaas. Skakel gerus in op RSG en luister na Dries se “Offer van die Seegod”. In kort handel die drama oor die verhoudingsdilemma van ‘n gesin binne die raamwerk van perlemoensmokkelary. “Die keuse tussen moet ek of moet ek nie, asook die spanning van só ‘n keuse en die gevolge daarvan.”

Dries se mentor was Eben Cruywagen en die regisseur van die uitsending is Joanie Combrinck. “Perlemoensmokkelary is welliswaar al ‘n gevestigde onderwerp om oor te skryf, maar Dries se drama het ‘n interessante kinkel,” het Kobus Burger, Uitvoerende Hoof: RSG Radio Drama gesê.

Dries sê dit is harde werk en hy het sowat 8 maande aan hierdie drama gewerk. “Dit is skryf, instuur, herskryf, instuur en herskryf…” Hy sê dat veral die navorsing was baie moeilik, aangesien die samewerking ten opsigte van gesprekvoeringe byna nul is en dit moeilik is om relevante inligting te bekom.

Die egpaar beplan ‘n gesellige aandjie vir die luister van die drama. Hulle noem dit ‘n “Kuns, Kultuur en Kuieraand” en daar sal spasie vir sowat 20 gaste wees wat wil kom saamkuier, terwyl Eddie Barnard se “One Man Band” en sy Perlemoenliedjie ook teen woordig sal wees.

“Ons beplan ook ‘n kunsuitstalling vir 19 tot 22 Desember vanaf 10:00 soggens en ons noem dit die Skildertuin-Tee en almal is welkom om te kom inloer,” sê Susan.

Vir navrae en/of besprekings vir die 18de, of navrae oor die kunsuitstalling, kan die egpaar by 082-823-4872 geskakel word.    

Hardus Botha

Dries se RSG Drama

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles